Preek – 2020.05.17

Kinderpreek – 5 vingers

Skriflesing:  Joh 3:16, 2 Kor 5:15

Die Bybel is ‘n baie, baie dik boek met baie bladsye. 

Daar is baie dinge daarin geskryf….

As ons wil weet waaroor dit gaan sal jy baie lank moet lees en dink

  • Dis nie so maklik nie

Gelukkig is daar slim mense wat dit klaar gedoen het en vir ons sê:

Die belangrikste goed wat die Bybel vir ons wil leer is dit:

Wie God is en dat Hy ons gemaak het om sy kinders te wees.

Maar as die Bybel so ‘n dik boek is:

Hoe sal ‘n mens ooit alles kan onthou wat die Bybel ons wil leer?

Maar ek het goeie nuus vir julle vanoggend:

Al is die Bybel so dik

  • is die Bybel se boodskap so maklik
  • dat ‘n klein kindjie dit kan onthou en verstaan. 

Ek het netnou gesê daar is gelukkig slim mense wat ons help:

‘n Dominee in die Hervormde kerk het ‘n maklike manier uitgedink

om dit vir kinders te verduidelik sodat hulle dit maklik kan onthou

Hier op die prentjie is ‘n hand geteken

en die vingers op daardie hand is gemerk van 1 tot 5. 

Kom ons begin by vinger nommer 1 

Ons sien daar is ‘n ring aan die hierdie vinger. 

Hierdie vinger word ‘n RINGVINGER genoem.

  • Dit is so omdat mense ‘n trouring aan daardie vinger dra.

Die trouring sê vir almal wat dit sien:

  • Ek het iemand vir wie ek baie lief is.
  • So baie dat ek vir altyd saam met hierdie iemand wil lewe

Elke keer as ek die ring sien, dan dink ek aan my liefde vir hom/haar

Die Bybel vertel vir ons dat God baie lief is vir mense

en dat God ons vir altyd as sy kinders wil hê en vir ons wil sorg.

Dit is die belangrikste ding wat die Bybel leer

Daarom het ons hierdie vinger nr 1 gemerk

Op baie maniere vertel die Bybel vir ons hoe lief God ons het

  • En as ons oor al die vingers gepraat het sal julle sien hoe lief

Nou vinger nr 2   Die wysvinger. 

Wat doen ons met hierdie vinger? 

O jong…. mense gebruik hom die meeste….

Dit is met daardie vinger dat ons iemand beskuldig: Dis JY!!!

Pa wys vinger en sê:

  • Jy het die hek oop gelos, nou is die hond in die straat!
  • Jy moet ophou teepraat as ma jou stuur!!

Die Bybel leer vir ons dat mense verkeerde dinge doen

  • Dit word sonde genoem
  • Dis dinge wat wys dat ons ongehoorsaam is aan God

Hy wil hê dat ons vir mekaar moet lief wees en omgee 

maar ons sien hoe maak ons mekaar se harte seer

deur die dinge wat ek doen en sê…

  • as ek hulle goed vat
  • as hulle seermaak
  • as ek lelike dinge vir hulle sê

Dan sê die Here vir ons:

  • Julle was ongehoorsaam
  • Ek gaan julle straf omdat julle nie luister nie

Die Bybel sê vir ons

  • dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie
  • jy sal maar altyd in die moeilikheid bly
  • dis maar hoe mense is

Vinger nr 2 staan dus vir 

  • ONS WAT IN DIE MOEILIKHEID IS

En dit maak ons moedeloos en bang….

  • WAT NOU?

Vinger nr 3    Die middelvinger

Die derde vinger staan tussen nr 1 en nr 2:

               God se liefde  –   3  –   ons wat in die moeilikheid is 

Die goeie nuus wat die bybel vir ons het – is dat Jesus nr 3 is

Soos wat vinger nommer 3 tussen nommer 1 en nr 2 staan

  • so staan Jesus tussen ons en God
  • Hy wil ons en God weer by mekaar bring

As ons van Jesus praat dan sien ons HOE lief God vir ons is:

Hy het sy Seun Jesus na die aarde toe gebring

  • om al ons sonde op Hom te laai en ons straf te dra
  • daarvoor moes Jesus doodgemaak word – aan die kruis

Die duim is nommer 4

As ons wys iets is reg, dan wys ons dit met die duim in die lug

Of as dit verkeerd is, met die duim na onder. 

Die Bybel sê dat die mens moet kies

  • ek kan weet van God se liefde
  • ek kan weet van my sonde
  • en ek kan hoor van alles wat Jesus vir my kom doen het

Maar as ek nie toelaat dat Jesus inkom nie

kan my sonde nie weggevat word nie

Dan bly ek en God ver van mekaar en my moeilikheid is groot!!!!

Ek moet my hart oopmaak dat Jesus kan inkom. 

As ek glo Hy het dit vir my gedoen

  • en my lewe vol sonde vir Hom gee
  • neem Hy my sonde weg en word ek God se kind

Met my duim op sê ek JA Here of ek sê NEE  met my duim af

Nr 5 is die pinkie

Die pinkie is die kleinste en die swakste van al ons vingers

Jesus leer vir ons

Ek het nog baie ander kinders vir wie Ek omgee…

  • hulle het ook liefde nodig
  • Ek wil hulle ook gelukkig sien
  • Ek gee om as hulle honger is en koud kry

As ek my hart vir Jesus oopgemaak het verander Hy my hart!

  • Jesus leer ons om net soos Hy om te gee vir alle mense…

Om aan ander te doen soos wat ek vir myself wil hê!

Vinger 1:    God is liefde; 
Vinger 2:    die mens is ‘n sondaar; 
Vinger 3:    Jesus se liefde kom staan tussen my met my sondigheid en

God, Jesus bind my weer aan God se liefde; 

Vinger 4:    Ek moet ‘n keuse maak – vir God of teen God; en 

Vinger 5:    As ek vir God kies, moet ek klein wees,

minder word en Jesus al hoe meer.

Hy gee vir ons die Ewige Lewe – ons gaan hemel toe saam met Hom

En omdat ons so bly is:

  • Kom ons gaan lewe soos Jesus se kinders 
  • Omdat Hy ons só liefgehad het moet ons gaan liefhê…….

En omdat Hy vir ons omgee, gaan ons ook vir ander omgee

omdat ons dankbaar is!

Amen