REUSE IN ONS LEWENS: Ongeduld
Ons reeks gaan oor vernuwing… verandering van God se wêreld
- van slegte dinge wat moet weg
- van die mooi wat in die plek daarvan moet kom
Maar dit gaan ook oor ons begrip: ons is almal deel van hierdie wêreld
- en hierdie vernuwing moet ook by ONS kom
dit moet by ons begin
- en uiteindelik moet ons verandering die wêreld verander !!!
Ons moet raaksien:
- God wil die beste vir my en jou hê
- Maar Hy wil dit NET soveel ook vir die res van die wêreld hê
daarvoor is ons geroep om medewerkers te wees.
HY seën ons dus ook om tot seën te wees….
SKRIFLESING:
2 Kor 5:17 Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens
Die oue is verby, die nuwe het gekom
2 Kor 5:18 …aan ons is die bediening van die versoening toevertrou…
Gal 5:22 Die vrug van die Gees is…. GEDULD….
Ons het ‘n tyd gelede na Dawid en Goliat se verhaal geluister:
- Goliat was ‘n reus waarvoor almal bang was behalwe Dawid
Dawid was nie bang nie omdat hy geglo het dat God groter is
as die reus en dat Hy die reus met God se hulp sal verslaan
Ons besef dat daar in ons pad
- om nuwe mense te wees
- en die wêreld te help nuut maak
dinge hier binne is wat soos REUSE in ons pad staan
Die eerste waaroor ons nagedink het was onvergewensgesindheid
Die reus wat ons vandag in die visier het is ONGEDULD….
Ek was baie lief vir my pa:
- Alhoewel ek in sy teenwoordigheid altyd veilig gevoel het
- was ek terselfdertyd by tye erg op my senuwees omdat hy baie ongeduldig was.
Op universiteit was die dosent in Hebreeus erg ongeduldig
- en gevolglik het ek die vak gepes omdat ek te bang was om te vra.
Ek raak steeds senuagtig en gespanne as iemand iets wil hê
- en ek kry dit nie dadelik nie
- of snap dit nie dadelik nie
My ongeduldigheid mag ‘n lewenslange skaduwee gooi
oor aander mense se selfbeeld en selfvertroue
Ongeduld is verwoestend:
- Dit bring spanning, vermyding en vervreemding
- Dit laat hulle soos mislukkings voel.
- Dit breek selfbeeld en selfvertroue af
- Dit beperk mense se ruimte vir groei
En as dit ek is wat hierdie dinge aan ander doen beteken dit
- dat ek baie goeie dinge mis en nog baie te groei het
- dat ek misluk in my roeping om mense te help heelmaak
Wanneer ‘n kindjie leer om te loop of praat het ons begrip en geduld.
Ons verstaan ??dat dit tyd vat om nuwe vaardighede te bemeester.
So gaan dit dwarsdeur ons lewens:
Ons is gedurig besig om nuwe dinge te leer
wat nodig is om gelukkige vervulde mense van God te wees
In hierdie proses het ons dit almal nodig:
- dat mense met my geduldig sal wees
- dat ek geduldig met myself sal wees
- dat ek geduldig sal wees met die mense rondom my
God is geduldig met mense….
Terwyl Paulus met die Romeine praat oor sonde en straf daarop
hoor ons hom in Rom 2:4 vir hulle sê…..die enigste rede
- waarom God hulle nie onmiddellik in sy toorn geoordeel het nie,
- is dat Hy met sy goedheid, verdraagsaamheid en geduld
- mense tot bekering wil lei ….
Ps 139:8 Barmhartig en genadig, lankmoedig en vol liefde is die Here
Lankmoedig…. dis as’t ware ‘n ander woord vir geduldig…
Dit beteken om ‘n lang lont te hê ……
- Nie dadelik te ontplof nie….. te oordeel nie….
- Ruimte te gee vir verandering, omkeer, bekering
- sodat Hy kan afskryf eerder as afreken!!!!
Jy sien: Hy is geduldig omdat Hy met hulle iets goeds bedoel.
Jesus aan die kruis vra geduld van sy Vader:
- vergewe… moenie nou al veroordeel nie…
- want hulle snap nog nie:
Geduld… nog gee ruimte om te verander….
Geduld… iets goeds in gedagte… redding…..
Soos God met ons geduldig is
- moet ons hierdie geduldig met alle mense wees
- omdat ons iets goeds vir hulle in gedagte behoort te hê…
Die belangrikste ding om te besef en te onthou:
- Ons het altyd ‘n keuse om geduldig of ongeduldig te wees
- Ons is nie hulpelose slagoffers van ons emosies nie.
Ons kan beheer neem van ons lewens:
Dit begin by beheer van ons gedagtes en dan volg die proses:
gedagtes – dade – gewoontes – karakter – bestemming
Gaan DINK oor wat reg is – DIE NUWE – en begin DOEN wat nodig is
- En hoe meer ek dit DOEN word dit wie ek IS: My bestemming!!!
Ons val tog wel soms van die bus af maar wanneer ons rustig raak
kan ons ons koppe weer instel op die proses wat werk!!!
Kom ons wees eerlik met onsself hieroor:
- Ons moet en ons kan ook hierdie reus klop
- ter wille van ons eie verhoudinge
- ter wille van ons roeping
Kom ons maak erns daarmee in ons stil tyd:
- Bely dit voor die Here en kry vergiffenis
- Identifiseer die dinge wat jou ongeduldig maak
Identifiseer die mense waarmee jy meer geduld moet hê
Beplan wat jy gaan doen om meer geduldig te wees
Moenie vergeet om God te bedank vir sy geduld met jou
omdat Hy iets mooiers vir jou in gedagte het nie
Kom ons bid vir ‘n hart wat die mooi van God aan ander wil oordra
Amen