Is jou lewe ‘n ja of is dit ‘n nee?
Skriflesing Mat 21:28 – 32
Jerusalem was die tempelstad.
Omdat die tempel as God se woonplek beskou is
- sou mens wou aanvaar dat dit vir die Joodse kerkleiers
- ‘n heilige en gewyde plek sou wees….
Maar wanneer Jesus by die tempelplein kom
- is Hy geskok om te sien hoe dit ‘n handelsnes geraak het
- en Hy verdryf die geldwisselaars en duiweverkopers
Hy het letterlik die stad in beroering
- Hy maak die tempel skoon en mense is kwaad vir Hom
- Hy maak mense gesond en mense sing sy lof
ALMAL is in vervoering behalwe die kerkleiers wat alles sien
- en daar volg ‘n paar onderonsies met Jesus
En dan trap Jesus hulle behoorlik vas in ons skrifgedeelte
Hy vertel vir hulle ‘n verhaal van ‘n pa met twee seuns
Die pa gee vir albei ‘n opdrag:
- Die 1ste sê “nee” maar hy kry spyt en gaan doen dit…
- Die 2de sê “ja” maar hy doen dit nie…
En hulle kannie anders as om in te stem
- die 1ste seun het gedoen het wat sy pa gevra het!
- HY HET DIE WIL VAN SY VADER GEDOEN!
Dit beteken dat die mense wat uiteindelik die regmerkie kry
nie die kerkmense was nie, maar
- die verwerptes
- die wat nie goed genoeg was nie
- die tollenaar Levi
- die tollenaar Saggeus
- owerspeliges …..
NB: Dis mense wat “van gedagte verander het”
Soos die teks sê: dis mense wat
- berou kry oor hul manier van dink
- en daarom anders optree…
Die hartseer van die hele ding is
- dat die kerkleiers die probleem in die kerk is
- die mense wat JA sê
maar hulle DOEN is nie wat die Vader gevra het nie!
Kyk na hulle dade:
Dis algemene kennis dat hulle die wet vertolk het
soos dit hulle gepas het
Hulle het honderde bywette gehad
- waarby hulle verdienste ingebou het
- waarmee hulle mense moeg gemaak het
- waarmee hulle mense verwerp en verdruk en verneder
Hulle hou hulle voor as die kerk en die bewakers van die kerk
terwyl hulle eintlik skynheilig is
- hoogmoedig
- liefdeloos
- valse dwaalleeraars
Dit waarmee hulle besig was, was hul eie vertolking v/d wet
Dis waarmee ONS ook besig is NET SOOS HULLE
wanneer ons tog so graag ons eie riglyne neerlê
- wie ons naaste nou eintlik is: familie, kerkmense…
- terwyl Jesus Samaritaan en Jood in die verhaal het
- erge vyande
- hoeveel ons moet vergewe
- wie het eerste begin
- wie mag kos kry
- wie mag komberse kry
- wie verdien genade en wie nie….
Dis selfbedrog: Ons bedrieg onsself met slegte gevolge
In plaas daarvan om ‘n voorbeeld te wees om na te volg
- word mense verwar en mislei
- van die waarheid weg gehou
- na verlorenheid saamgesleep
Deur hierdie soort eie gemaakte godsdiens
- sluit ons die hemel toe vir onsself
- ook vir ander wat deur ons bedrog op ‘n dwaalspoor is
Die Here Jesus waarsku:
- Julle is die regte pad gewys maar julle het dit verwerp
- Julle weet wat God se wil vir jul lewe is
Vandag kan Hy vir ons sê:
Julle het so baie getuienisse:
- Hierdie Boek (BYBEL) is vol daarvan
- Julle het herhaaldelik gehoor PRESIES wat God se wil is
- Julle dink allerhande verskonings uit om nie
presies DIT te doen nie…
Watter seun is JY en EK?
Dis al heel jaar ons hooftema
dat God deur ons die wêreld wil heelmaak en mooi maak
Hoe kry ons in God se boekie
die regmerkie hiervoor agter ons name ?
As antwoord daarop het ons ‘n belangrike les geleer:
- Maak seker dat jy soos Maria tyd maak om God se Woord te hoor
In vandag se sessie by die voete van Jesus hoor ek
dat ons maar weereens herinner word dat vernuwing by die kerk begin….. by ONS
- maar dat ons dalk self ‘n bekering mag nodig hê
- dat ons moet toelaat dat God se gedagtes ons gedagtes word…en ons nie die reëls verander soos dit ons pas nie..
Mag dit ons strewe wees om saam met Paulus te bid
- dat ons vir NIEMAND ‘n struikelblok sal wees nie
- dat ons lewens ‘n liefdesbrief van Jesus aan die wêreld sal wees
- Mag ons trou wees aan Jesus self wat sy kerk aanmoedig om deur die lig wat ons uitstraal, God te laat verheerlik.
Mag die slotwoorde van LB 488:3 ons gebed en begeerte wees
LAAT U RYK HEER IN ONS KOM
LAAT U RYK HEER DEUR ONS KOM
LAAT U RYK HEER ORAL KOM
Amen