GOD SE LIEFDE MAAK MY ‘N VOORBEELD
Skriflesing Fil 2:12 – 16a
Lê julle daarop toe om as verloste mense te lewe!
Sorg dat julle bo verdenking staan
Dit is sekerlik nie ‘n onredelike versoek nie
- Ons is mos verloste mense en
- ons is mos geroep om medewerker te wees in die herskepping
En die herskepping begin mos by my
EK wat ‘n nuwe mense moet word
- ‘n Jesus mens
- want Jesus mense is deur hulle lewens besig
- om die wonderlike verhaal te vertel
- van ‘n wêreld waar daar genade en liefde en vrede kan wees
Is dit hoe mense jou sien?
- Is jy vir mense ‘n voorbeeld van hoe ‘n Jesus-mens lyk?
- ‘n Prentjie wat PRAAT!!!
Dink jy dat iemand daar buite al vir iemand anders vertel het
dat hulle na jou kyk
- as hulle iemand wil sien wat Jesus liefhet?
- as hulle wil weet hoe om op te tree in ‘n sekere situasie?
Of het jy dalk al eerder gehoor dat jy ‘n slegte voorbeeld stel:
EK HET DIT AL GEHOOR – EN DIT WAS NIE LEKKER NIE
Dit het my hartseer gemaak:
- want ek het besef het dat ek nie op die manier wat ek optree
- vir mense wys hoe lyk ‘n NUWE lewe nie
- ek wys nie vir hulle iets om te begeer nie
- ek is eerder ‘n afbreker as bouer as ek so optree
Die prediker Moody het gesê:
Die Bybel is nie daar om ons kennis uit te brei nie
maar om ons lewens te verander
In Rick Warren se boek: DOELGERIGTE LEWE
gee hy aan die einde van elke dag se stukkie
‘n vraag wat jy vir jouself moet afvra.
En aan die einde van dag 24 se deel lees ek hierdie vraag:
Wat het God reeds vir jou (in die Bybel) gesê
om te doen wat jy NIE begin doen het nie?
As jy dalk gehoor het dat jy ‘n slegte voorbeeld is
- of dalk self insien dat jou lewe niemand inspireer nie
is dit duidelik dat daar ten minste 1 ding is wat jy moet begin doen
- daardie iets wat die prentjie bederf moet verwyder word
- my ongeduldigheid
- daardie iets wat groter trefkrag gee moet bygevoeg word
- my vriendelikheid
Ons het in die afgelope weke opnuut gesien wat God alles in plek gesit het sodat ons ‘n mooi en geseënde lewe kan hê
- maar ook dat ons nooit gelukkig kan wees
- as ons nie gehoorsaam lewe nie
En as ons soos Eva of die Verlore Seun dink ons weet beter
- dan tel ons probleme op
- kyk maar wat met hulle gebeur het
- en daar is nog BAIE sulke voorbeelde
Dit was nog altyd so
DIS NOU NOG SO
en so sal dit bly….
As dinge verkeerd loop
- is dit nie die tyd om na ander mense vinger te wys nie
- maar om na binne te kyk en myself te ondersoek
Nou waar begin ons?
Natuurlik by die Bybel – God se woord aan my en jou.
- Dit is die enigste betroubare riglyn
3 dinge is nodig
1 Die Bybel moet my standaard word
Dit beteken dat ek sal sê:
- Soos wat die Here sê moet alles wees.
Niks anders en niks minder is goed genoeg nie
- Dinge is nie reg omdat ALMAL SO MAAK nie
- Ook nie omdat dit reg voel nie
- Net as GOD so sê
Ek moet begin om altyd te vra: Wat sê God vir my?
- Ek mag nie net goed wees vir party mense nie
- Ek mag nie net vergewe wanneer ek so voel nie
- Ek mag nie net party goed doen wat in die Bybel staan nie
Dis waarom mense ons nie vertrou nie
en nie as goeie voorbeeld gebruik nie
Job wys vir ons hoe dit moet wees: Job 23:12
Ek heg meer waarde aan sy woorde
as aan my eie begeertes
Wat God sê is die waarheid, niks anders nie
2 My houding moet reg wees
‘n Mens wat nie wil verander nie sal nie verander nie
Dit laat my dink aan die gelykenis van die Saaier
- Op die pad, vlak grond, onkruid
Baie wil nie hoor nie daarom sal niks verander nie
- Hulle luister net na party goed,
- maak nie hele hart oop om HEELTEMAL te verander nie.
Ek moet besluit om my hele hart oop te maak en te sê:
- Maak met my net soos U wil – alles gee ek oor
- Van voor tot agter moet ek verander wat U ookal vra
Maar ek gaan ook net weet wat dit is wat Hy wil hê
- as ek my kop en gedagtes volmaak met wat Hy sê.
In Deut 17:18 en 19 sê God dat die konings vir hulle ‘n afskrif van die wet moet maak en sy lewe lank moet hy dit gereeld lees sodat hy …daarvolgens kan lewe. Dan sal die Here hom seën.
Ons kannie 3 uur TV kyk en koerant lees en dan 3 minute Bybel lees en dan dink ons lewens gaan verander nie.
Lees, lees, lees jou Bybel
En gaan dink dan mooi wat Hy wil sê sodat jy presies kan weet hoe jy moet lewe en wat moet verander
3 Pas dit toe in jou lewe – gaan DOEN dit
Onthou jy wat Moody gesê het oor die Bybel?
Die Bybel is nie gegee om kennis uit te brei nie
- maar om lewens te verander
- JOUNE EN MYNE
As die Here vir ons gewys het wat verkeerd is
- toe ek die Bybel gelees het
- of toe iemand ons daaraan herinner het
dan moet ek luister en daaraan gaan werk om dit reg te stel
Dis nie maklik nie – moeilikste deel
- dis nie lekker om skuldig te voel nie
- dis nie lekker om te erken dat ek verkeerd is nie
- dis nie lekker te gaan sê dat ek jammer is nie
Stukkie in koerant: op Valentynsdag oor liefde
Dr John Demartini is ‘n gedragspesialis
Help om die regte houding te hê
Hy sê dat mense dikwels al jou maat se foute raaksien
en baie kritiseer totdat jy eerlik is
- en erken dat jy ook maar foute het
- en besef dat ons altwee maar net mense is
Dan verander jou houding dalk en waardeer julle mekaar meer.
- Laat my dink aan die teks: Sien splinter nie die balk….
As die Here vir my en jou wys wat verkeerd is,
moet ons begin om hard daaraan te werk….
Die beste manier om te verander is om presies neer te skryf wat jy nog nodig het om te doen – en dan DADELIK te begin…..
So kan jou nuwe lewe VANDAG begin….
So kan ons ‘n VOORBEELD wees wat mense help om reg te lewe!
Slotgebed: LB 271:2