Liewe gemeente
Ons verlang sekerlik almal daarna om weer as gemeente om saam te kom in die erediens, drukkies te gee om te sê en te wys dat ons lief is vir mekaar, saam te kuier by tee of koffie na kerk…
Ons mis die beplanning en al die aksie rondom basaarbeplanning. Ons mis ook huisbesoeke …en alle moontlike kontak met mekaar.
Alhoewel ds Matthys bereid is om enige tyd dienste in die kerk te hervat as ons daarvoor vra, het die kerkraad daaroor besin en tog besluit dat ons vir minstens nog vir die verloop van Juniemaand nie Sondae eredienste in die kerk te hê nie. Ons het besluit om eers nog vir Junie die situasie te monitor en einde Junie weer n whatsapp/sms stemming te hê. Wees verseker dat ons hierdie besluit nie ligtelik geneem het nie.
Praat asseblief met ons indien daar enige fisiese of geestelike nood is. Waar ons ENIGSINS kan help sal ons so doen.
Ons gaan ons steeds meer toespits op “selfoonbesoeke” aangesien huisbesoek nie kan plaasvind
Mag ons steeds vortgaan met ons daaglikse verootmoediging voor die Here en ons onderlinge gebede vir mekaar.
Pas jullesef mooi op: Ons is lief vir julle, julle is almal baie spesiaal vir Hom en vir ons!
Jesusliefde
Namens die Kerkraad
Marie Strydom
(leierouderling)