Preek – Hemelvaart 2020.05.21

Joh 14:1 – 3         Ek maak plek gereed en kom julle haal 

Openb 1:4 – 8     Ons is verlos en priesters vir Hom gemaak

Openb 1:12,13   Hy is by sy kerk soos Hy belowe het     

Mat 28:20            Ek is BY julle tot die voleinding

Die Hervormer, Martin Luther, het soms baie depressief geraak.  

Die geveg oor die hervorming

  • en die vyandskap en vervolging was soms vir hom te veel.

Sy vrou het tydens een van hierdie donker buie van hom

rouklere aangetrek.

Toe hy verbaas vra: Wie is dood?

  • het sy geantwoord: “Weet jy dan nie? Jou God is mos dood.”

Haar punt was duidelik: KYK NA JOUSELF!

  • Jy tree op asof jou God dood is
  • terwyl jy glo, en verkondig, dat Hy die Lewende is …

‘n Mens sou die vroeë Christelike Kerk kon vergewe

  • dat hulle ook swaarmoedig geraak het na die kruisiging….

Domitianus, ‘n wrede Romeinse Keiser was daardie tyd aan bewind

  • Hy het christene wreed onderdruk
  • Johannes was na Patmos verban
  • En Jesus
  • is HEMEL toe …. WEG!
  • vir baie – so goed as DOOD…..
  • Hulle is uitgelewer…. sonder hoop… ALLEEN!!!

En ons in vandag se wêreld?

As ons nou rondkyk in die wêreld om soms

kan mens verstaan as mense nou weer wil rou klere aantrek……

‘n Paar maande gelede nog was

  • vigs
  • moord en doodslag
  • terreur en barbarisme
  • korrupsie  
  • kerkskeuring oor selfdegeslag huwelike…

op almal se lippe …..

Skielik is daar iets anders wat die wêreld laat bewe

die covid-19 pandemie en daarmee saam

  • die chaos oor die manier wat alles hanteer word
  • die uitwerking daarvan op mense oral oor die wêreld:

armoede, honger, vrees, dood

As gevolg van al die binnegevegte en verdeeldheid was die atmosfeer tussen gelowiges en kerkleiding reeds in chaos…

En nou is die kerk toe…. letterlik en figuurlik 

  • So voel dit vir baie mense….

Dis asof daar donkerte in menseharte is… meer as tevore….

“Waar IS God dan?” …. is ‘n vraag wat meer gevra word….

Dit is dan wat ons die Openbaringe boek kan nader trek

 Die TROOSBOEK van die vroeë kerk

Daar word ons weer herinner aan wie God is: Hfst 1:4, 8

  • Die alfa en omega, die begin en die einde
  • die Een dus wat die ganse geskiedenis

TUSSEN sy Hande hou

En dan vertel Johannes die troosverhaal aan die kerk:

Die Kerk is in die wêreld waar dit verdruk en vervolg word

  • maar Christus is BY sy kerk.

Die wat volhard sal die kroon van die Lewe ontvang!

Die Kerk word simbolies voorgestel deur die 7 gemeentes en dan sien Johannes hoe Christus – die Seun van die mens – tussen hulle beweeg

Hulle is NIE alleen gelaat nie

  • Hy is teenwoordig
  • waak en vertroos en versterk
  • al woed die wêreld…..

Ons is nie weeskinders nie:

  • HY was DAAR by die vir wie Johannes geskryf het
  • HY is HIER in ons wêreld VANDAG…

Matt 28:20 sê:

… onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Jesus is dus vandag nog by ons, net op ‘n ander manier.

Hy is deur die Heilige Gees by ons.

  • Die Gees is nie Sy plaasvervanger nie.  

Nee, deur die Gees bly Hy werksaam in ons lewens.

Maar Hy kom WEER sigbaar

om die gereddes en die wat volhard het in geloof te kom haal..

  • Dis gewaarborg deur sy offer
  • Hy het die sleutels van die dood en doderyk….

Die eerste belangrike boodskap van die hemelvaart lê dan hierin:

Ons is verlos van sonde

  • en Hy maak vir ons as verlostes plek gereed
  • en kom ons dan daarvoor haal

DIS GEWAARBORG

Ons het ook tweedens gehoor

  • dat ons priesters gemaak is vir God ……
  • daaraan het Paulus ons die laaste tyd gedurig herinner …

As die wêreld vandag na Christus soek

  • dan kyk hulle eerste na die kerk … Sy priesters!!!

Hulle soek Sy liefde, Sy genade, Sy oë en Sy hande

  • deur eerste na ons te kyk…. en dikwels teleurgesteld te wees

Dalk wil mense nie ons God kom aanbid nie

  • omdat hulle God nie by ons sien of beleef nie…

Kan ons die wêreld verkwalik as hulle

  • depressief raak en in hierdie chaos rouklere wil aantrek?
  • omdat hulle twyfel of God ‘n werklikheid is?

Dit MAG NIE so wees nie

Ons het nodig dat God regtig in ons gestalte kry ….

  • sodat die wêreld God regtig kan raaksien.

Hulle soek die “genuine” Christus se gesig.

Dit is waarom ons in die tyd sedert paasfees

  • onsself in die spieël bekyk
  • en streef om vernuwe te word

Daarom is Pinkster nodig

  • sodat ons vervul sal word met die hele volheid van God

Jesus het na sy liggaam opgevaar na die hemel

  • maar as’t ware weer deur sy Gees na ons toe terug gekom

Die Gees kom ons

  • herinner aan alles wat Jesus gesê het
  • toerus vir ons taak
  • sodat ons almal nou die dinge kan doen
  • wat verwag word van mense wat na God se beeld geskape is. 

Die Heilige Gees kom leer ons

  • om met die gesindheid van Christus te leef!

Só kan ons deur ons leefwyse liefde en hoop verkondig. 

  • So alleen sal die kerk oorleef en herleef….

Inderdaad is dit vir ons voordelig dat Jesus weggegaan het

  • Na die liggaam was Hy een mens en beperk in ruimte en tyd

Met sy hemelvaart het Hy ‘n nuwe era ingelei

  • ‘n Begeesterde groepie dissipels het begin werk en getuig
  • en die kerk het uit sy nate gegroei:
  • toe die mense Jesus in die gelowiges kon ontmoet

Jesus het elke dag nuwe bekeerlinge by sy kerk gevoeg…

Mag ons in hierdie donker tyd moed skep deur die wete:

  • HY IS BY ONS OOK soos Hy belowe het
  • HY HET ONS PLEK gaan voorberei
  • HY KOM WEER om ons te kom haal

Mag ons die pyn rondom ons raaksien en uitreik met SY liefde

Mag baie mense in ons gemeenskap God dank

  • oor ons wat met Jesus se gesindheid begin leef het…

Amen