Skriflesing: 2 Kor 5:17
Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens
Die oue is verby, die nuwe het gekom.
Ons word geroep
- om vernuwe te word
- om heelgemaak te word
Om in woord, daad en lewenswyse anders te wees/word…
Dis baie meer as om ‘n paar aanpassings in my lewe te maak
- soos besluit om Sondae kerk toe gaan
- om gereeld bybel te lees
- om in die oggend en aand te bid
- om elke maand ‘n klompie geld vir die kerk te gee
- by die basaar te begin help
- kos en klere af te laai vir behoeftiges
Om ‘n nuwe mens te word is iets aangrypend groots…..
- dis om byna onherkenbaar anders te word as wat jy voorheen was
- iets soos die verandering van ‘n ruspe na ‘n skoenlapper
As ons iets hiervan verstaan
- dan kry ons ‘n idee wat die uitdaging is
as ek en jy geroep word om nuwe mense te wees
Dit vra ‘n metamorfose
- ‘n ingrypende verandering van aard/natuur
- ‘n wonderbaarlike van binne na buite verandering
Dit wat mense van buite sien en ervaar as hulle met my te make het
weerspieël maar net wat hier BINNE MY aan die gang is.
Lukas 6:45
‘Wat die hart van vol is, loop die mond van oor”
DAAROM DIE WAARSKUWING al eeue gelede reeds:
Spreuke 4:23:
‘Wees veral versigtig wat in jou hart omgaan,
want dit bepaal jou hele lewe’. …bepaal wat oorloop, uitloop
Wie ek IS kom van BINNE af….
HOE LYK DINGE MET MY EN JOU?
Ek dink dis nodig om die beheerkamer hier binne te gaan uitsorteer
- daar waar “wie ek is” gevorm word!
Wat is jou gevoel hier binne
oor hierdie ou mens < nuwe mens kwessie?
DIE EEN KANT VAN DIE REALITEIT IS IETS YSLIKS
Vernuwing is gewoonlik ‘n pynlike geboorteproses
- die erkenning van sonde en swakhede is ‘n swaar ding
- ek is verkeerd / ek is jammer
- dit gaan harde werk vra:
- daar is veranderings wat ek moet maak
- dinge waarvan ek my moet losmaak
- daar is reuse wat oorwin moet word:
Slegte en selfsugte gewoontes wat ek moet afleer
soos humeur, ongeduld, wrokke, onvergewensgesindheid……
Om wilde diere mak te maak,
- moet hulle natuur onderwerp word aan die mens se heerskappy
Om die wildheid in my te verander
- moet my natuur aan God ondergeskik gemaak word
- Ek moet my onderwerp aan aan ‘n nuwe heerskappy
U wil Here, nie my wil nie…
HOE VOEL JY DAAROOR?
Is dit die gevoel soos die van Saul teenoor die reus Goliat
- ek is nie opgewasse vir hierdie uitdaging nie
- ek sien net nie kans hiervoor nie
MAAR DIE ANDER KANT VAN DIE REALITEIT BIED HOOP
Soos Dawid kan ek en jy ook glo dat ons kan wen
omdat ons God groter is as enige krag of mag wat daar mag bestaan
Omdat Hy die wêreld so liefgehad het
- het Hy dit deur die paasgebeure
die mag van sonde verbreek
en ons verlede uitgewis
- nou KAN ons voor begin
- nou KAN ons wen
Met elke boodskap wat ek met julle deel
- probeer ek saam met julle ‘n pad loop
- wat uitloop op ‘n nuwe lewe van oorwinning en vervulling…
Kom ons dink saam, droom saam, werk saam, groei saam
Maar neem kennis dat ons drome net KAN waar word
MITS ons deel word van ‘n groeiproses:
- luister wat God se voorskrif is
- en onderwerp jou daaraan….
Vernuwing vra verandering van doen om ‘n ander uitkoms te hê…
En ek gaan dit doen omdat ek glo dat dit kan gebeur…
Daarom wil ek jou weer uitnooi:
Gaan na die enjinkamer:
- Herken en erken jy jou tekortkominge?
- Is jy bereid om die gee wat dit vra?
- Is jy reg om die geveg van jou lewe?
Moenie uitstel nie!
NOU daar waar jy is – maak die commitment
Sê dit: JA HERE!
- ek meld NOU aan
- ons gaan saam veg teen die ou mens en sy eiewilligheid
Ons kan sommer NOU begin met die eerste stap:
Begin die selfondersoek: gebruik Gal 5:19-21 as maatstaf
Is die praktyke van die sondige natuur in jou lewe te sien?
losbandigheid vyandskap haat
jaloesie woede rusies
verdeeldheid afguns skeuring
Is die vrugte van die Gees in my te sien?
liefde vrede goedhartigheid
nederigheid geduld vriendelikheid
getrouheid selfbeheersing
Die ANTWOORDE sal uitwys wat die taak is wat op ons wag.
Ons sal wen as ons soos Dawid in geloof vir die stryd aantree:
Jesus wat in ons is
is groter as enige struikelblok wat op ons pad mag wees.
Amen