EN DIE GROOTSTE HIERVAN IS DIE LIEFDE
1 Kor 13:13
Galasiërs 5:19, 20
vertel van die OU MENS en van sy lelike sondes: onsedelikheid, losbandigheid, rusies, woede, verdeeldheid, skeuring … ens.
Gal 5:22, 23
vertel van die NUWE MENS en met 9 woorde van die nuutheid wat Jesus deur die Heilige Gees in ons laat groei.
Paulus noem hierdie 9 begrippe VRUGTE van die Gees.
Met liefde wat eerste staan.
Daarvoor is daar ? rede.
- Liefde is die oorsprong van alles wat daarna volg.
Hoe belangrik die liefde is word duidelik as ons luister hoe Paulus vertel van die gawes wat God aan ons gee waarmee ons mekaar moet dien
In hierdie gesprek onderbreek hy homself om ‘n belangrike punt te maak
- Nou wys Ek julle wat die ALLERBESTE is: Die Liefde!
- Daarsonder is alles leeg en kragteloos….
Die BELANGRIKSTE eienskap van die Nuwe Mens is LIEFDE
Waar kom hierdie goed vandaan?
In Johannes 15 vertel Jesus hoe dit werk.
- Christus is die wingerdstok en ons is die lote
- Die HG laat die vrug groei, deur jou met Jesus te verbind
- Deur jou geloof begin Jesus binne-in jou leef.
- Dink aan die sap wat uit die wingerdstok na die lote vloei.
- Dit het dan ? resultaat: ? vrug begin groei (Jesus gelyk)
Watter vrugte moet ons dra?
liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.
Natuurlik is liefde iets wat mens DOEN
Die res vd woorde wys op die nuwe gesindheid waarmee ons dit doen
- Die gesindheid wat in Christus is, begin in jou groei.
Dit is hierdie gesindheid
- wat my lewe daarop rig
- om LIEFDE te doen tot die voordeel van my naaste.
Ons is mos geroep om God se medewerkers te wees
- om vernuwing te bring
Wat is die motivering?
In 2 Kor 5:14, 15 skryf Paulus: Die liefde van Christus dring ons….omdat ons tot die insig gekom het dat een vir ALMAL gesterf het en dit beteken dat almal gesterf het. En Hy het vir almal gesterf sodat die wat lewe nie meer vir hulself moet lewe nie maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is…
Maar wat beteken dit dat die liefde van Christus jou DRING?
Kom ek sê net iets oor die liefde van Christus.
Dit het Paulus tot in sy skoene geskud!
Hy het die liefde van die God vir die wêreld leer ken.
die liefde wat so groot was
- dat Hy bereid was om mens te word
- om in hulle plek as sondaar behandel te word
- en vir hulle almal aan die kruis te sterwe
- vir mense wat dit NIE verdien nie
- die man wat langs Jesus gehang het
- die mense wat Hom gekruisig het (Hy bid vir hulle vergifnis)
- soos vir hom wat Paulus was (vervolger van God se kinders)
- EN VIR JOU EN VIR MY
Onthou jy Ps 103:
- Want God wil nie sonde afreken nie
- God wil sonde afskryf
Daarna sou Paulus nooit weer dieselfde mens kon wees nie
Hy skrywe aan die Romeine vir 11 hoofstukke
- van alles wat God doen vir mense wat dit NIE verdien nie
- soos ek en jy ook – ons verdien dit net so min!
en dan sê Hy in Rom 12:1
En nou doen ek ‘n beroep op julle
OP GROND VAN DIE GROOT ONTFERMING VAN GOD:
Gee julleself aan God as lewende heilige offers…
Wat sê Paulus?
Dink aan wat God VIR JOU gedoen het uit liefde
- sodat jy gered kan word
so het Hy ook aan elke ander mens gedink en ook vir hulle gedoen
- sodat hulle ook gered kan word
Jesus word die barmhartige Samaritaan vir
- Paulus
- Man langs Hom
- Mense wat Hom gekruisig het
- Vir my en jou
Ek en jy word gevra:
Wil jy dan nie nou OP GROND HIERVAN ook liefde gee nie
Met ander woorde: Dis mos meer as genoeg rede om uit dankbaarheid
ook barmhartigheid – omgeeliefde – te betoon
- aan die bose mense langs jou
- die mense wat jou kwaad aangedoen het
- wat Sy LIEFDE nodig net soos ek en jy
Sit die pynlike dinge agter jou en loop die pad saam met Jesus
Liefde hou nie boek van die kwaad nie
Liefde bedek alles
Liefde verdra alles
So het Hy aan MY gedoen en doen Hy steeds
Mag dit ons harte so aangryp soos wat dit Paulus aangegryp het
- en mag hierdie liefde ook my en jou hart totaal verander
- soos wat dit met Paulus gedoen het
sodat ons saam met hom mag uitroep
DIE GROOTSTE VAN ALLES IS DIE LIEFDE !
Mag sy liefde
- in ons nuut maak
- deur ons nuut maak
- oral nuutmaak
Amen
PS En as nagedagte: Hoor hoe die hemelse Vader by jou pleit om die verlore boetie wat gedwaal het tog terug te verwelkom…