Votum:
Oor ons sonde is Hy deurboor
oor ons sonde is Hy verbrysel
die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom
deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom
Seëngroet:
Mag ons almal die vrede wat Hy moes bring ontvang
deur die ervaring van hierdie genadeboodskap
Joh 19:30
Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê:
“Dit is VOLBRING!”
Toe het Hy sy kop vooroor laat sak
en die laaste asem uitgeblaas.
Jesus het geweet dat HY alleen kan verseker dat daar vir ons
- ipv AFREKENING van ons sonde
- ‘n AFSKRYWING van sonde wag
Dit was sy opdrag en taak op aarde… en Hy het dit bekend gemaak
In Mat 16:21 skrywe Mattheus: “Van toe af het Jesus vir sy dissipels duidelik begin stel dat Hy … baie moet ly… en dat Hy doodgemaak moet word…”
Met hierdie uitroep verklaar Jesus dat hierdie taak uitgevoer is:
DIT IS KLAAR, DIT IS VOLLEDIG!
Nou kan mense ontspan want die AFREKENING (straf)
is nie meer ‘n enigste uiteinde nie.
Hy het borg gestaan vir almal se sonde
sodat hulle sonde AFGESKRYF kan word
DIT is Jesus se geskenk an die wêreld:
Ja, ‘n GESKENK
- genade
- gratis
want die prys is te hoog vir enige mens
Alles wat tussen ons en God kon staan
- wat sy genadekraan na ons toe kon toedraai
- is weggeneem
Wanneer ons die tekens sy liggaam en sy bloed ontvang
is dit asof Jesus dit self in ons hande kom sit en vir ons kom sê
- DIT IS VIR JOU!
- Dit is die kwitansie vir die betaling van jou sondeskuld
- So lief…. vir jou!!!
In die afgelope dae kon ons voorberei vir hierdie fees
deur dit wat tussen ons en Hom gekom het te bely en onsself te reinig
- Al wat dus vir my en jou oorbly
- is om ons leë skuldenaarshande na Hom toe uit te steek
- en die kwitansiegeskenk met dankbaarheid te aanvaar
Maar dis so belangrik om te weet dat dit baie meer is
- as net vryspraak te ontvang
- en dankie te sê met ons monde
As ek en jy dit aanvaar
is dit ‘n verklaring met hart en mond:
- ek is vrygekoop uit genade
- ek behoort aan U
MAAR die belangrikste:
Dit is ‘n lewensverbindtenis:
- Ek aanvaar my roeping om U dienaar te wees dienaar
En as ek dit geëet en gedrink het word dit deel van my liggaam
- So word Hy deur ook simbolies deel van ons wese
deur ons aanvaarding
- So neem Hy beheer en lei ons op die dienaarsweg
hiervandaan vorentoe…
- van binne die beheerkamer van ons harte
- wat ons aan Hom oorgegee het
Ontvang nou hierdie tekens van sy liggaam en sy bloed
deel dit hier uit of neem dit vir jou as jy alleen is
NOG NIE GEBRUIK
- aanvaar in geloof dat dit sy vrymakingsgeskenk is vir jou
en as jy dit nou gaan eet en drink:
- aanvaar daarmee jou roeping as dienaar van God
Aanvaar jou roeping om die medemens
- met soveel liefde en genade te bedien
- dat hulle die God van liefde en genade daarin sal ontdek
- en Hom sal eer en verheerlik
Bid hierdie gebed saam met my
- as aanvaarding en
- as teken van ons dankbaarheid
LB 200:3
Sou ek o Heer U nie vereer nie
Sou ek U goedheid nie verstaan?
Sou U my raad gee ek nie leer nie,
die weg wat U my wys nie gaan?
Nee Heer, U rig my wil en strewe
u Woord bly my gedurig by.
Vul met U liefde ook MY lewe
om my in alles U te wy.
neem dit nou en eet en drink dit
Mag God ons nuut maak
Mag God ons dankbaar maak
Mag God ons diensbaar maak
Mag God ons getrou maak
Amen!