SELFONDERSOEK voor NAGMAAL – 2020.04.08

Oordenking 5:     Die vorige oordenking loop oor na hierdie een:

Die dissippels wou spesiaal voel in God se wêreld 

Hulle’t gedog grootsheid

gaan afhang van die rangorde in hulle groep 

Hulle moes egter ontdek dat grootheid in Jesus se oë

  • lê in DIENS aan die naaste!

Om GROOT te wees moes hulle KLEIN word

Dienaars van die medemens – DIT is wat Jesus wou hê

  • DAARAAN sou die wêreld hulle herken as Sy volgelinge
  • Die Een wat met liefde gedien het se volgelinge dien ook in liefde

Ons moet dus onsself ondersoek of ons verstaan dat Jesus

  • met sy koms na die wêreld, sy woord en dade
  • al sy verduidelikings en sy kruisdood
  • God se liefde met hulle wou deel.

So baie is gered toe hulle dit gehoor en ervaar het…

En voortvloeiend daaruit is ons roeping vlg Jesus:

“MAAK NET SO..”

Net so moet ons God se liefde en genadewerk deel

deur ons woorde en dade van liefde en genade

Dit bring ons vandag by die kritiese praktiese uitdaging

Is EK en JY bereid om so ‘n dienaar te wees?

  • selfs vir die eenvoudiges en verwerplikes in my oë?
  • selfs vir my vyande net soos Jesus dit as voorbeeld gestel het?

Ons word geroep om medewerkers te wees in die wêreld:

  • Ons moet saam met Jesus genade en vergifnis verkondig
  • En dit doen ons met woorde en onderskryf dit met DADE

VERGEWE soos Ek vergewe het:      

Bedien met vergifnis soos wat Ek jou met vergifnis bedien het

Wie is belangrik genoeg, kosbaar in God se oë

om vergifnis te ontvang?

ELKE MENS

  • maak nie saak hoe ver hulle gedwaal het nie

Lesse uit die Bybel:

God stuur Jona om vergifnis te bied aan die bose stad Ninevé

  • Jona weier om dit te aanvaar

Die verlore seun word terugverwelkom

  • Sy ouboet weier om dit te aanvaar

Jona en die ouboet het besluit: hierdie mense is genade nie waardig nie

Maar dis nie vir ONS om te besluit nie:

God maak die besluit:

Hy maak seker dat ons weet wat Hy wil hê

Hy doen dit deur Jesus se sending as Verlosser na die wêreld

(so lief het God die wêreld sodat elkeen wat glo…)  

  • En Jesus aanvaar – JA VADER!
  • En Jesus doen soos die Vader wil hê:

Daar aan die kruis sien ons die praktiese vergifnis

Die man langs Jesus aan die kruis bid ‘n kort gebed:

Here, dink aan my, sien my tog raak…

  • Jesus reageer onmiddelik met genade

Maar dis nie net die maklike keuse wat Jesus uitwys nie

Hy bid ook vir sy vyande…. terwyl Hy daar hang

  • Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie

En ons kry die opdrag: MAAK NET SO!

Petrus verduidelik Jesus se hartsgesindheid:

Hy wil nie hê dat iemand verlore gaan nie,

Hy wil hê dat almal hulle bekeer … 2 Petr 3: 9

Die groot droom is herstelde verhoudinge met God

  • die verwydering van enige iets wat skeiding bring
  • daarom skryf Hy dit af….

onthou jy ‘n paar dae terug:

  • God wil nie afreken nie
  • God wil afskryf

.… sodat sy liefde kan vloei en heelmaak….

HY het dit vir my en jou gedoen

  • ons vrygemaak van sondeskuld en vyandskap
  • en Hy verwag dat ons mense sal vrymaak van hul skuld aan ons

As ons dit teenstaan

  • dan verhinder ons ook ons eie vrymaking

Dit is baie duidelik op baie plekke:

    Die model gebed se P.S. in vv14 en 15:

As julle ander mense hulle oortredinge vergewe

sal julle hemelse Vader julle ook vergewe

Maar as julle ander mense NIE vergewe nie

sal julle hemelse Vader julle OOK NIE vergewe nie

Sonder vergifnis

  • wag daar geen fees vir my nie
  • nie in hierdie lewe of die lewe hierna nie

DIT is nie wat God vir MY en JOU in gedagte het nie

Laat Hom dus toe om jou hart te verander

sodat ek en jy ‘n hart sal hê

wat medelye het met die wat verlore mag raak 

sodat ek en jy alle mense sal waardig ag om genade te ontvang

net soos wat ONS genade ontvang het.

Dis wonderlik watter verligting van bitterheid en bedruktheid

‘n mens ervaar as jy begin vergewe

Dit is wat mens ervaar as God as’t ware sy kraantjie

van liefde en genade na ons toe weer oopgedraai het…

Mag ons in vanaand die Nagmaal saam vier as vreugdefees

omdat God se bedoeling met die wêreld en met ons in vervulling gaan

Kom ons sluit met die gebed: LB 235   (Sien Rom 13:8 – 14)

Voor U wet Heer staan ons skuldig. Liefde is die groot gebod.

Liefde is ons steeds verskuldig aan ons naaste en ons God

Ons wil u gebod bewaar, maar ons struikel baie kere

Leer ons liefde vir mekaar, maar bo al vir U o Here

Liefde doen aan NIEMAND kwaad nie, dis vervulling van die wet

Dié gebod mag ons NIE laat nie maar met ywer daarop let

Ons weet ver is reeds die nag; ken die tydsomstandighede –

weldra breek die volle dag

Wek ons Heer uit valse vrede

Amen