Skriflesing: Luk 22:24 – 34 en Mat 26:31 – 35
In ons voorbereidingsdiens So 5 April was die boodskap:
Voor ons die Nagmaal vier (vryheidsfees)
- moet ons onsself eers ondersoek
- seker maak dat ons harte skoon is
Onthou Paulus se skrywe aan die Christene in 1 Kor 5
- Verwyder dan die ou suurdeeg
- sodat julle nuwe ongesuurde deeg kan wees.
Nagmaal mag nooit net ‘n ritueel wees nie
Iemand het eenmaal gesê:
As jy met die Nagmaal die wyn neem en drink,
is dit eintlik soos ‘n heildronk op ‘n nuwe toekoms
- jy het nou klaargemaak met die sonde,
- jy het jou nou opnuut aan die Here verbind.
Op ‘n nuwe begin, skoon en rein.
Daarom gaan ons enkele geleenthede wy
om onsself te ondersoek:
En ons gaan dit doen deur kyk na die gebeure wat volg op die pasga/nagmaal wat die dissipels pas met Jesus gevier het
Dirkie van der Spuy het jare gelede gesê:
Die res van Luk 22 gaan eintlik oor die sondes van die dissipels soos wat dit UITSPRING net na die nagmaal
So asof die duiwel hom nou toespits
- op die wat die naaste aan Jesus is
- om sy lyding erger te maak
Kom ek en jy gaan kyk wat dit was
en kyk wat daarvan dalk in ons lewens te sien is
Die eerste ding wat hier uitspring sien ons in Luk 22:24
Daar het by hulle onenigheid ontstaan
oor wie van hulle as die belangrikste beskou moet word
Hier op aarde is dit vir mense belangrik om posisie te hê
- dan word jy gerespekteer
- dan word daar van jou notisie geneem
en om dit te kry gebruik en misbruik ons mense
- en gooi hulle weg as hulle nie nuttig is nie
Ons vermy mense wat nie in die prentjie pas nie:
- ek wil nie in hulle geselskap wees nie
- skaam my vir familielede wat my nie goed laat lyk nie
Christene behoort dit die maklikste reg te kry
omdat ons Jesus se voorbeeld het
- In Johannes se verhaal oor daardie pasga/nagmaal (Joh 13) lees ons dat Jesus sy dissipels se voete gewas het
- en dan die groot opdrag: doen net so
As Ek, wat julle Here en Leermeester is,
dan julle voete gewas het,
behoort julle ook mekaar se voete te was.
Ek het vir julle ‘n voorbeeld gestel,
en soos Ek vir julle gedoen het,
moet julle OOK doen.
Na die afloop van die Nagmaal was Jesus se opdrag:
Joh 13:34, 35: Julle moet mekaar liefhê.
Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.
As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle My dissipels is.
Hierdie liefhê kom na vore in woorde, dade en gesindheid
Jesus se opdrag lank reeds in bergrede was duidelik: Mat 5:16
- Laat julle lig só voor die mense skyn
- dat hulle julle goeie werke kan sien
- en julle Vader wat in die hemel is verheerlik
Die eerste christene was gehoorsaam
- lees Hand 2:42 – 46
- en sien die gevolg: v 47
Die hele volk was hulle goedgesind.
En die Here het elks dag mense wat gered word,
by die gemeente gevoeg
In Hand 9 lees ons
Paulus was ook in ‘n gedwonge lockdown toe Jesus hom daar langs die pad gestop het en hom blind gemaak het.
Daar in sy afsondering het God sy lewe verander…
Mag God met ons werk in hierdie lockdown
soos Hy met Paulus gewerk het:
Nadat Annanias hom die hande opgelê het,
het daar iets soos skille van sy oë afgeval en kon hy sien
Daarna sien ons die onkeerbare dienskneg in werking
Wat is die effek wat ons op die mense daar buite het?
- Misbruik ons hulle of dien ons hulle?
- Bou ons hulle gees op of verrinneweer ons hulle?
Mag ons ervaring
van God se openbaring aan ons in hierdie lockdown
ook daartoe lei dat die skille van ons oë afval
- sodat ons omvorm word in gehoorsame diensknegte
- sodat mense ons goeie werke kan sien en ervaar
Mag hulle in ons en deur ons God se liefde ervaar
- en God daardeur verheerlik
Gebed:
Liedboek 528:1 – 3
Amen