JOSIA OF JOJAKIM
Skriflesing Jer 36:1 – 4
Jeremia het met die boek Deuteronomium grootgeword.
Dit was die boek wat ontdek is met die herstelwerk aan die tempel. Koning Josia het dadelik besef dat dit ’n baie spesiale boodskap is en sy hele volk daarvan laat hoor
Hulle lewens het verander en hulle het weer die Here begin dien.
- Dit het toe met hulle goed gegaan
- die Here het hulle geseën
Nou wat was dit dan wat hulle so laat verander het?
As mens die boek Deuteronomium mooi lees
dan ontdek mens ’n paar baie belangrike dinge:
1 Moses herinner die volk aan alles wat met hulle gebeur het.
- Onthou julle hoe swaar julle in Egipte gekry het?
- Onthou julle hoe wonderlik God julle vrygemaak het?
- Onthou julle hoe Hy vir ons in die woestyn gesorg het?
- Onthou julle God se beloftes?
- Nou staan ons hier by die grens van die wonderlike beloofde land!
2 Hierdie herinneringe moes hulle laat raaksien dat hulle ’n wonderlike God het wat sorg dat al sy beloftes waar word.
- omdat Hy ’n liefdevolle God is
Hierdie boek gaan oor God se liefde vir sy kinders
3 Mense moet kies! – Dit is tot hulle voordeel!
- Die boek is vol gebooie – reëls.
Baie mense hou nie van reëls nie want hulle sê reëls is soos ’n tronk – dit hou jou vas.
- Maar Jeremia het geleer dat hierdie reëls juis maak dat mense nie deur hulle selfsugtige optrede ander mense se lewens ’n tronk maak nie.
- As almal God se reëls gehoorsaam het almal ’n plekkie en is almal gelukkig.
Nou moet ons onthou:
Toe Moses hierdie dinge vir die volk gesê het
- was dit die tyd toe hulle na jare in die woestyn
van God begin vergeet het
- Hy wou hulle
– deur herinnering aan sy liefde en sorg
– laat besef dat hulle nie sonder Hom kan lewe nie
– laat terugverlang na Hom
In Josia se tyd het dit gehelp dat Josia besef het
- hoe ver hulle van God af gedwaal het en
- hoekom dit so sleg met hulle gegaan het
Josia het toe gesorg dat die volk dit ook hoor
- en weer reg maak met God
- en toe het God die mense geseën
Nou was sy seun koning en die volk het weer afgedwaal
Hy was Jojakim en het nie die Here liefgehad soos sy pa nie
Daarom het die volk onder sy leiding verskriklik gedwaal
Die Here het Jeremia opdrag gegee om hulle ernstig te waarsku
Hy gee opdrag aan Jeremia: Vers 2 en 3
Skryf vir die volk wat Ek vir jou gesê het
- As hulle hoor van die rampe wat Ek oor hulle gaan bring
- Dan sal hulle miskien ophou met hulle slegte lewens
- En dan sal Ek hulle vergewe
Kyk mooi:
Skryf Hoor Bekeer Vergewe
God IS die God van liefde
Hy wil nie dat hulle swaarkry nie
Daarom sê Hy:
As hulle tog net wil luister
- dan vergewe Ek
Dan is alles weer reg en sal Hy hulle seën
- dit sal weer goed gaan met hulle
Wat was die reaksie op hierdie preek?
Die mense was baie bang want Egipte en Babilon was in oorlog en hulle was bang wat met hulle kon gebeur.
Die hele volk was in Jerusalem bymekaar om te bid
Jeremia was nie toegelaat om te preek nie en stuur toe die preek saam met Baruk om dit vir die volk te lees
- Miga gaan vertel dadelik vir sy pa van hierdie boodskap
- Sy pa was deel van Jojakim se regering en hy en ander regeringslede gaan vertel dadelik vir die koning daarvan
Hierdie manne het dadelik besef dat dit ’n baie belangrike boodskap is wat hulle nie maar kan ignoreer nie.
- God het gepraat!!!!
Maar die koning gooi dit in die vuur!
- Hy verbrand die boodskap van God
- Hy sê nee vir God!
Mense tree verskillend op:
Want jy sien – die waarheid krap baie mense om:
Hulle haat dit
- Om te hoor: Jy is verkeerd!
- Om te weet: Ek is verkeerd
- Om te erken: Ek is verkeerd!
Daarom haat Jojakim vir Jeremia en
- wil hy hom dood hê
- laat hy sy preek verbrand
Toe was daar groot moeilikheid:
Die volk is onderdruk en verban
Dit kon so anders gewees het as die reaksie anders was
Elke keer was die volk ver van die Here af en het hulle God se boodskap gehoor: Ek is lief vir julle en nooi julle terug.
Kyk na die groot verskil tussen wat in Josia se tyd en in Jojakim se tyd gebeur het:
17 jaar terug het Safan die preek van Moses vir Josia gelees
- Josia het sy klere geskeur
- Teken van berou: Dit was verkeerd en ek erken dit
Profetes Hulda se boodskap van God was (2 Kon 22:18 – 19)
“Ek het gesien dat jy deur My woorde berou gekry het”
En daarna sien ons hoe die hele volk weer reg maak met die Here en hoe hulle geseën is.
Nou word basies dieselfde preek weer vir Jojakim gelees
deur Safan se seun aan Josia se seun
- Hy skeur nie sy klere nie maar die boek se blaaie
- Hy was nie jammer nie, maar opstandig
Jeremia se boodskap daarna was “Julle wou mos nie luister nie”
Daarna sien ons die verskriklike tyd van swaarkry.
Nou die belangrike vraag:
Ons hoor almal van God se boodskap vir ons:
Ek is lief vir julle en wil jul God wees en vir julle sorg
Dis die boodskap waarmee God ons
- wil huistoe nooi
- terug na Hom toe en
- om ons lewens weer heel te maak en mooi te maak.
Wat gaan ek en jy doen?
Gaan ons soos Josia maak of soos Jojakim?
Ons kan seker weet dat ons reaksie gaan bepaal wat met ons gaan gebeur nes met Josia en Jojakim.
- nuwe heel lewens en geluk
- of baie erger swaarkry.
Die afgelope paar maande het ons diep begin delf en besef dat die gemeenteverhaal eintlik die gesaamentlike verhaal van ons as lidmate is
- dat ons almal dinge het om met Hom reg te maak
- DAN sal ons die Here se leiding en seën ontvang
Watter keuse het ek en jy gemaak op wat ons gehoor het?
Hoe gaan ons vorentoe daarop reageer?
Gaan dit lei tot verdere bekering en vergewing en SEEN?
of wag daar nog meer hartseer en stukkend en elende op ons?
Josia of Jojakim? DIS JOU EN MY KEUSE!!!
Mag die H G ons lei om reg te besluit
Amen.