Preek – 2020.07.12

MET MY HELE HART

Ons is steeds by ons roeping en ons droom:

‘n Beter en mooier wêreld….

Skriflesing: 1 Sam 7:2-12

“(2) Vandat die ark in Kirjat-Jearim ‘n staanplek gekry het, het daar ‘n lang tyd verloop, twintig jaar.  Toe het al die Israeliete by die Here gekla oor hulle verdrukking, (3) en Samuel het vir hulle gesê:  ‘As julle met julle hele hart na die Here terugkom, moet julle alle vreemde gode tussen julle uit verwyder, ook die Astartes.  Rig julle harte op die Here en dien Hom alleen

Dan sal Hy julle red uit die mag van die Filistyne.’ (4) Die Israeliete het toe die Baäls en die Astartes verwyder en net die Here gedien. (5) Toe sê Samuel:  “Die hele Israel moet by Mispa bymekaarkom, dan sal ek vir julle tot die Here bid.’

(6) Hulle het by Mispa bymekaargekom, water geskep en dit voor die Here uitgegiet.  Op daardie dag het hulle gevas en

daar het hulle bely:  ‘Ons het teen die Here gesondig.’

Samuel het die Israeliete in Mispa onderrig oor wat reg en verkeerd is.

(7) Die Filistyne het verneem dat die Israeliete by Mispa bymekaargekom het, en die Filistynse regeerders het teen hulle opgetrek.  Toe die Israeliete dit hoor, was hulle bang vir die Filistyne.  (8) Die Israeliete sê toe vir Samuel:  ‘Moenie ophou om die Here ons God vir ons om hulp te smeek nie, sodat Hy ons uit die mag van die Filistyne kan red.’ (9) Samuel het ‘n suiplam gevat en dit in sy geheel aan die Here as brandoffer geoffer.  Hy het ook die Here om hulp gesmeek vir Israel, en die Here het sy gebed verhoor.  (10) Samuel was nog besig om te offer, toe kom die Filistyne nader om teen Israel te veg.  Op daardie dag het die Here ‘n groot donderweer oor die Filistyne laat losbars.  Die Here het hulle verwar, en hulle is deur die Israeliete verslaan.  (11) Die Israeliete het van Mispa af die Filistyne agtervolg en hulle verdryf tot onderkant Bet-Kar.  (12) Samuel het toe ‘n klip gevat en dit regop gesit tussen Mispa en Sen.  Hy het die plek Eben-Haeser genoem, ‘want,’ het hy gesê, ‘tot nou toe het die Here ons gehelp.'”

Daar is soveel misverstand, seer en stukkend, chaos en bedrog:

  • in ons gesinsverhoudinge
  • in die politiek
  • in die ekonomie
  • in ons besigheid of by die werk
  • in ons kerk en ons gemeentes

en daar is nog talle ander voorbeelde waaraan ons kan dink…….

En dan op die koop toe is daar

  • die onsekerheid en vrese met die covid pandemie

Ons voel bang en bedreig, onseker en uitgelewer….

  • So ietsie dalk soos wat Israel gevoel het…  

Dit voel dikwels asof ons totaal beheer verloor het:

  • Niks wat ek probeer doen werk nie….
  • Die wêreld se leiers en slim mense weet meer raad nie…
  • Alles verval, mense raak ongevoelig, hard en geweldadig

Die virus onderstreep die werklikheid duideliker as ooit…

  • dis nie van vandag af dat ons in die moeilikheid is nie…
  • ons raak net nou intens bewus daarvan!!!!!

In Israel se geval was die verval oor ‘n tydperk van 20 jaar

  • tot by die punt dat dit hulle nou begin versmoor

Uiteindelik kon hulle nie meer nie en gaan na Sameul toe…..

Dit gaan mos maar so met die mens dwarsdeur die geskiedenis:

Daar kom algaande ‘n verwydering tussen ons en God:

Stadig, half ongemerk, bietjie vir bietjie

Ander dinge raak belangriker as die Here in ons lewens

  • Ons drome van sukses, status, besittings….

Ons raak hardkoppig en arrogant

  • ons weier om verantwoordelikheid te aanvaar vir ons foute

Ek weier om te erken dat EK dalk die rede vir die seer is

of minstens ‘n aandeel daarin het

  • ons weier om verskoning te vra
  • ons weier om te vergewe

En ons sak nog dieper weg in die elende en soek iemand vir wie ons daarvoor kan verwyt …. dalk nog vir God….  

Wanneer gaan ons by daardie punt kom dat ons ook voel

GENOEG IS GENOEG

Dinge hoef nie so te wees nie… ons weet dit mos nou al!!!

Jesus het mos gekom

  • Hy het kom preek en wys hoe dit kan anders word
  • en ons aangestel om dit verder te neem
  • ons is al 6 maande aan sy voete – leer ons dan niks?

In 1 Sam 7 het GOD die pad LANKAL gewys:

Dit het vir Israel uitkoms gebring en kan vir ons ook seën bring

Eerstens is ‘n intensiewe selfondersoek nodig

Hulle moes hulle harte gaan uitsorteer:

  • Ek soek jou HELE hart, ALLES – sê die Here

Alles wat verkeerd is moes uit!

  • ‘n Nuwe fokuspunt is wat julle nodig het! sê Sameul

julle harte moet op die Here gerig wees

Tweedens is ‘n skuldbelydenis nodig:

Vlg v 6 het hulle bely: Ons het teen die Here gesondig!

Dit beteken dat ek maar van my troontjie moet afklim en

dat ek verantwoordelikheid neem vir my swakhede en foute.

Derdens het ons nodig om steeds aan die Here se voete te sit

Ons skeep Sy onderrig te maklik af:

  • hoe lyk jou stiltetyd?
  • hoe lyk jou meditasie?
  • hoe lyk jou erediensbywoning?

Ken jy die Here se woord en sy wil?

Stel jy belang om onderrig te word vir die lewe en vernuwing?

Ons gemeente het ‘n verhaal wat oor 85 jaar strek!

Dis ‘n verhaal van

  • oorwinnings en verliese
  • hoogtepunte en laagtepunte
  • vreugdes en hartseer
  • blydskap en trane

Maar besef ons dat die verhaal geskryf is

met die woorde en dade van mense wat lidmate hier is en was

Ons kyk na die gemeente soos wat dit NOU

ons is krities en negatief

Maar besef ons

  • dat dit my en jou verhouding met die Here weerspieël

Ons wonder wat die toekoms van die gemeente is

Besef ons dat die vraag eintlik moet wees:

Hoe lyk my en jou lewe vorentoe?

  • ons verhoudinge
  • ons innerlike vrede

Want die waarheid is:

  • ek en jy IS die gemeente
  • ‘n nuwe en gemotiveerde EK

is ‘n nuwe en gemotiveerde LOSBERG gemeente!!!

Dit hang dus alles af van wat ek en jy vandag besluit:

Al die boodskappe van verandering en vernuwing is op ons webblad om weer na te luister of te lees

Ek kan alles vir Helen by die kerkkantoor stuur en jy kan ‘n afskrif daarvan laat druk om WEER te lees:

Maria het by Jesus se voete gaan sit om na SY woord te luister

JESUS HET GESÊ DAT SY DIE BESTE GEKIES HET

  • elke erediens
  • elke bybelstudie
  • elke oordenking oor radio of TV
  • elke keer as ek en jy die bybel lees of daarvan hoor

is ‘n geleentheid om onderrig te word oor wat reg en verkeerd is

  • oor die dinge wat liefde en vrede laat wen
  • oor die dinge wat harte sagmaak
  • oor die dinge wat mure afbreek
  • oor die dinge wat vrymaak en sterk maak

Die baie belangrike vraag wat ons onsself vandag moet vra: 

Is ek en jy bereid om die pad voluit saam met die Here te stap

op die pad waar Hy ons lei?

Dit is die voorwaarde vir God se seën

  • oor ons lewens
  • en ons kerk en gemeente

Toe Israel gehoorsaam was het God ingegryp en aan Israel ‘n onverwagte oorwinning gegee

God wys dat Hy sy gehoorsame kinders seën

Sal ons nie maar soos Israel gehoorsaam raak

  • en ons met hele hart ‘n omkeer maak

van dit wat verkeerd gegaan het in ons lewens nie

  • en met hart en siel en verstand

fokus op die pad wat Hy vir ons lewens het nie

sodat Hy die oorwinning gee oor die vyande

van dit wat goed en mooi is nie

Kom ons maak hierdie tyd van chaos die tyd waarin ons besluit:

My hele hart is U s’n Here

Gryp asseblief in en help my om MY HELE HART op U te rig

  • Nou en vir altyd

Amen