Preek – 2020.06.14

DISSIPPELSKAP VANDAG

Ek wonder hoeveel van julle wat oor internet beskik het al

KIESKERK ontdek:

Daar kan jy kies na watter van meer as 100 gemeentes

se eredienste jy wil kyk

Daar is ook elke dag

  • ‘n oordenking wat vir huisgodsdiens gebruik kan word
  • geloofsvrae om aan jouself te vra…
  • iets vir die kinders…

In hierdie tyd wat ek en my familie dit elke dag gebruik

  • het een van die medewerkers begin skryf oor

dissippelskap   

  • dit gaan haal by Martha en Maria…

Kom ons lees dit: Luk 10:38-42

Ek is lanklaas so meegevoer deur ‘n reeks

en ek wil baie graag vanoggend iets daarvan met julle deel

‘n Klompie jaar gelede het ‘n predikant na ‘n oorsee besoek

sy gemeente probeer omvorm na een waaraan jy net kan behoort

  • as jy êrens aktief ingeskakel is.

JY MOES EERS KWALIFISEER

As jy in daardie gemeente ingetrek het vra jy nie self dat jou lidmaatsbewys soontoe gaan nie…

Hy het vertel dat daar nie in sy gemeente mense inkom

wat nie eers êrens aktief ingeskakel het nie….

Wat doen jy vir die Here?

Waar skakel jy in?

Dis die soort vrae wat jy kon verwag…

Jy tel eers wanneer jy presteer!

Sy gemeente het soos ‘n sif gelek:

  • Baie lidmate is weg… nie net die passasiers oral in die lewe nie….
  • ook mense wat rêgtig lief is vir die Here en op hulle manier ‘n verskil gemaak het… deur hulle liefde en voorbeeld…

Die buurgemeente se predikant het verwag dat jongmense by belydenis van geloof voor in die kerk moes gaan staan en hulle geloof in hulle eie woorde bely

  • as enigste manier hoe hulle belydende lidmate kon word….

DIT KLINK ALLES BAIE MOOI…..selfs indrukwekkend!!!

  • Maar dit sluit uiteindelik so baie mense uit…..
  • Mense wat ander gawes en talente het en nie so gemaklik sosiaal funksioneer as ander nie…

Die boodskap wat in die mense se koppe gemaal het was:

Ek moet uitstyg bo die ander

  • presteer
  • buitengewoon wees
  • indruk maak

Miskien is dit hoe Martha gevoel het

  • sy het UITGEHANG vir Jesus!

NATUURLIK is dit waar dat ons as dienaars/dienaresse

  • medeWERKERS is.

maar wat ek uit die oordenkings opnuut gehoor het – was dat

  • die DOEN eers volg
  • op die SIT aan die voete van die Here.

Natuurlik het ons baie bekommernisse in hierdie tyd

Ons is bekommerd

  • oor ons eie harte
  • oor ons eie mense
  • oor ‘n wêreld wat gered moet word…

Ons wonder oor hoe ons dit beter kan maak

  • dalk nuwe aksies
  • een of ander veldtog of 40 dae program….
  • bybelverspreiding
  • herlewing moet aangewakker word….
  • en êrens moet ek ook inskakel en iets doen…

En dan raak ons so besig met al hierdie kerk goed

dat ons by Jesus verby draf in die haas om alles gedoen te kry.

Soos Martha wat vir JESUS en sy mense kos gemaak

  • terwyl Maria net daar sit en luister en nie help nie

Ons is doodmoeg gewerk en stokflou gehardloop en dan moet jy hoor:

  • Martha jy jaag na niks… Piet, Koos Anna… bedaar…
  • Maria het die beste gekies

Vir hoeveel van ons moet die Here steeds sê:

Jy is besorg en bekommerd oor baie dinge

Maar net een ding is nodig!   

Dit gaan oor ons wees by Hom, ons sit aan sy voete

  • Dit gaan hier oor ’n verhouding wat met Jesus gebou moet word..

Hoeveel van ons hol angstig rond soos Marta

  • maar eintlik hunker ons na ware rus vir siel en liggaam?

Hoor Jesus se stem in jou moeg gejaagdheid en onseker lewe…

?“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. ?Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.

My juk is sag en my las is lig” (Matt 11:28-30).

Maria gryp die geleentheid aan toe Jesus by haar kom kuier het

  • Sy kry by Hom rus vir haar siel

Jesus se sielsmedisyne vir Marta is om te doen wat Maria gedoen het..

Dis steeds Jesus se voorskrif vir ons vandag:

Kom vind vandag rus vir jou siel hier by my voete

Hulle sê Maartin Luther het baie ure per dag gebid want:

“Hoe meer daar te doen is hoe meer moet ek bid”

Hoor weer:

  • Maria se keuse is die enigste keuse.
  • Dit is die enigste pad.
  • Daar is geen alternatief nie.

Jesus is die Rede vir ons bestaan.

Jesus is ons lewe, ons suurstof, ons alles.

  • Maar om Hom te vind, moet ons tot stilstand geruk word.

Marta met haar besig-wees en dinge het ook ’n plek

Dit is egter die tweede beweging, die tweede tree.

Eerste dinge eerste, en dit is om by Jesus te gaan sit.

Net dit.

  • Oor en oor en aanhoudend.
  • daagliks 

As ons hierdie lewensbelangrike eerste beweging oorslaan

dan leef ons sonder innerlike krag.

  • dan dryf take en programme jou aan
  • dan raak alles dood hier binne…

Daar is ‘n enorme hoeveelheid kennis bekikbaar oor kerk en godsdiens

  • bybelstudies
  • bybelkommentare
  • 1000de preke

En tog is die kerke besig om leeg te loop

Pas na katkisante

  • vol bybelkennis gestop is en belydenis van geloof afgelê het
  • dan raak hulle weg

Kennis gryp mense nie aan nie

Maar mense sal jou vertel van wonderlike oomblikke saam met gelowiges en toestroming na plekke waar daar warmte is

  • Want die lewe word gevoel
  • ons is emosionele wesens met emosionele behoeftes…

Steve Jobs – die skatryk eienaar van Apple –

het tot kort voor sy dood gesê:

Die sap gaan uit christendom wanneer dit te veel klem lê

op verstandsgeloof eerder as

  • om te lewe soos Jesus geleef het 
  • of die wêreld te sien soos Jesus dit gesien het.

Daar is geen sappigheid oor in enige vorm van geloof

wat hierdie hartskonneksie verloor het nie.

  • net dooie dogma

Ons harte bepaal ons lewe

Die Bybel gaan tog nie in die eerste plek

  • oor ons informasie nie,
  • maar oor ons transformasie.

Kennis wat net in ons kop bly vassteek, bly bloot inligting. 

Kennis van God se liefde moet by ons harte uitkom…

  • dit begin eers betekenis kry wanneer dit ervaar word

Die skrywer stel dit so mooi:

In die tyd van Moses was die wet op klip geskryf

En mense se koppe en harte was net so hard soos hierdie klip.

  • Dit het nie lewe in oorvloed gebring nie, die dood het gewen
  • Dit het dowe ore, blinde oë en hardkoppige lewens tot gevolg..
  • die kerk wat grootliks ‘n plek van veroordeling as jy nie genoeg presteer het nie….

Die opwindende deel van God se storie met die mensdom

begin met Jesus en die Gees se koms.

  • die H G plaas die Woord binne-in ons.
  • vervang so klipharde harte met sagte en nuwe harte.  
  • Hy verander ons om soos Jesus te wees

Paulus noem ons dan lewende briewe van Christus

  • wat ander mense kan lees.

Onthou julle die eerste oordenking in grendeltyd:

  • Ek het vertel van die gemeente wat die grendeltyd sien as retreat
  • Ek het vertel van Ferdinand van Niekerk wat gepreek het oor die mooi vrugte van die corona-virus

Dit was niks anders as die boodskap van die oordenking reeks nie!

  • ‘n Bevestiging dat ons hierdie tyd moet gebruik

om by Jesus se voete te gaan sit

Los vir eers die bekommernis oor baie dinge en

wees eerder bekommerd oor jou eie verhouding met die Here

Los vir eers die planne hoe ons alles weer op spoor gaan bring

en gaan sit by Jesus om ons gereed te maak vir die taak!!!

Kom ons lees die Bybel

  • alleen of saam met familie
  • praat daaroor
  • sien die liefde
  • sien die genade
  • aanvaar dit
  • geniet dit

Laat toe dat die feit van God se liefde en genade

van jou kop tot in jou hart afsak:

Laat Hom toe om te verander aan

  • ons harte 
  • ons houding 
  • ons benadering ……

sodat ons die briewe kan wees wat sê wat God wil hê ons moet sê

As ons ‘n verskil wil gaan maak

As ons ‘n krag wil wees

Dan moet ons wees en sê wat God wil hê.

Hoor weer wat Jesus vir Marta gesê het wat gekla het oor Maria wat aan die voete van die Here gaan sit het en na sy woorde geluister het:

NET EEN DING IS NODIG…EN Maria het die beste deel gekies….

Kom ons gaan luister weer en weer en weer…

….dan sal Hy met sy Gees ons harte oormaak en gereed maak….

Amen