GOD SE LIEFDE LAAT LOS NOOIT
Skriflesing:
Gen 3:8 en 9
Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mense en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?”
Gen 4:8 en 9
…toe hulle in die veld was, het Kain vir Abel oorweldig en hom doodgemaak. Toe vra die Here vir Kain: “Waar is jou broer Abel?”
Kom ons haak gou aan by gister se boodskap:
Dit was nadenke oor die vraag:
Wat kan ons as ‘n pinksterseën beskou?
En ons het gesluit met hierdie antwoord:
Wanneer mense hulle hart en siel onderwerp
aan die herskeppingsproses van die HG
- om meer en meer soos Jesus te wees
- beelddraers soos met skepping bedoel is
Ons het oorgawes gesien:
- Die toehoorders van Petrus se preek
- Paulus
En ons het gesien dat dit gebeur wanneer mense
- in dit wat Jesus wat gedoen het
- die liefde van God raaksien
Ons leer dus een ding baie deeglik
Mense word GEDRING DEUR DIE LIEFDE!
Ons fokus is vandag nogmaals op hierdie liefde wat wat mense meevoer
Ons tema is dus: God se liefde laat los nooit
Ek doen dit juis met die verwagting dat die herhaaldelike hoor daarvan ons sal meegevoer op Sy triomftogte in die heelmaak van die wêreld
Wanneer God skep hoor ons die woorde: NA SY BEELD
Die mens was anders as enige iets anders in die skepping
God het die mens so gemaak dat Hy met hom ‘n in verhouding kon hê
- Ons lees hoe hulle in die aanwind gekuier het….
Alles was so goed aan die begin: maar toe kom die verraad
As die slang oor God kom skinder is die mense dislojaal
- hulle kies die slang se voorstel bo God se opdrag
- en hulle draai hulle rug op God
Skielik is daar ‘n verwoesting van verhoudinge
- die skaam skuldige mens kruip weg vir God
- man en vrou wys vinger na mekaar
en ‘n patroon word vasgelê van mense
- wat nie meer op God alleen vertrou nie
- wat met mekaar in vyandskap raak:
- Adam en Eva se seun Kain vermoor hul seun Abel…
DIT is die wêreld waarop God sedertdien neersien….
Wanneer die wêreld deur sonde verwoes raak
- is dit die beeld van God wat in die slag bly
- hulle is nie meer God se prentjie…Sy verteenwoordiger nie
En God se reaksie?
Laat God die mens in die elende wat Hy verdien?
God se reaksie laat ‘n aangrypende verhaal ontvou…
- Hoe God met ‘n hart vol liefde die mens kom soek en roep:
Adam, Eva …. waar is julle?
- Hy is besorgd oor die mens
- daarom stuur Hy sy Seun en dan sy Gees
- om te bly soek en roep: MENS, waar is jy?
Waarheen is God oppad met die wêreld?
- Tussen Hom en ons: Waar is jy?
- Tussen mens en mens: Waar is jou broer?
Die eerste aanduiding van die mens se reaksie op God se uitreik
kry ons in Gen 4 se laaste vers:
“In daardie tyd het die mense begin
om die Naam van die Here aan te roep”
Mense reageer op God se liefdevolle ingryping in hulle wêreld…
Wanneer mense gedaag word om God met hulle lewens te vertrou
sien ons dat dit gedoen word juis deur op God se rekord te konsentreer..
- As Moses die volk oproep om God lief te hê en te gehoorsaam sê Hy in Deut 11:2 – 7
Vandag weet julle hoe die Here julle onderrig het…julle het beleef en gesien: sy grootheid, sy magtige dade, sy wonderdade, sy tekens …alles wat Hy in Egipte gedoen het… in die woestyn tot hiertoe…
- Paulus se getuienis is vol van sy verstomming oor die liefde van God vir ‘n sondaar soos Hy.. en as Hy ‘n oproep maak aan die gemeente in Rome dan is die eerste 11 boeke ‘n uiteensetting van God se genadige ingryping en dan begin hy hfst 12:
- En nou doen ek ‘n beroep op julle
- OP GROND VAN GOD SE ONTFERMING
- gee julleself aan God….
God se LIEFDE is die krag waardeur mense omgekeer te word
Liefde kan nooit genoeg beklemtoon word nie
- 1 Kor 13 vertel daarvan
- Jesus se samevatting van die wet vertel daarvan
Hoe reageer ek en jy op die vrae
- Waar is JY? Waarmee is jy besig Waar is jou broer?
Moenie rondkyk na ander mense nie…
- Hy vra vir MY en JOU om na binne te kyk
Die Gees van God konfronteer ons ook vandag met sy liefde vir ons..
Wat moet ons doen broers en susters?
- Niks minder nie as die toehoorders van Petrus se preek
- as daar dinge is wat nie reg is nie – maak reg…bekeer jou!
Die verandering van die wêreld begin by MY…
Laat die Gees toe om in jou te werk
- deur jou te verwonder aan sy liefde ook vir jou
As jy saam met iemand anders na die boodskap luister
- dink saam aan God se liefde vir julle
- vertel mekaar daarvan
- gee aan God erkenning daarvoor
Sluit af deur te bid en God te vra om jou/julle te help om die negatiewe gedagtes te verdryf deur die herinnering aan die mooi wat Hy gee
Dank God dat Hy NOOIT laat los het nie….
Dank Hom vir hierdie tyd waarin die Gees ons Sy hart wil laat sien
Kyk en luister…. moenie die geleentheid verspeel nie