Pinkster – 26.05.2020

Wat sou jy beskou as Pinksterseën?

Skriflesing:

Hand 1:2b – 8  2:1 – 3

  • dan lees ons van die spreek in tale en reaksie daarop..
  • Petrus preek: vertel van Jesus se sterwe, opstanding, uitstorting van HG, hemelvaart

Johannes 16:13 – 15

Hand 2:37  Wat moet ons doen? v 38. Bekeer julle…

Wat verwag ons eintlik van Pinkster?  

Baie lidmate verwag nie veel meer nie as ’n weeklange belewenis

van ‘n besondere warmte en samehorigheid nie

Baie andere miskien niks minder nie as ‘n buitengewone gebeurtenis nie.

Hulle bly hoop dat daar in Pinkstertyd kragtige herlewing sal begin…

Kom ons kyk wat die Bybel leer wat die bedoeling van die koms vd HG is

Een ding is baie opmerklik

  • dat die Heilige Gees Jesus komverheerlik
  • die Gees het dit gedoen, deur Petrus in sy preek, hier in Hand 2

As die konsertsaal se ligte verdof word

  • word die kollig op die kunstenaar aangeskakel
  • die agtergrond word verdof dat die fokus op die kunstenaar sal val

die kunstenaar is immers die een waaroor die geleentheid gaan

Dit is wat die Gees kom doen het:

  • Hy is besig om die aandag op Jesus te fokus
  • JESUS is die een wat raakgesien moet word

wanneer die verhaal van God se liefde vir die wêreld vertel word

Pinksterfees is daarom nie in die eerste plek

  • ’n fees van die Heilige Gees nie,
  • maar ’n fees van Christus

Wanneer sou ons Pinkster as geseënd beskou?

‘n Geseënde Pinkstertyd is juis een waar mense deur die HG gelei word

om Christus te sien is die HOOFROLspeler

  • as die Lam wat vir ons geslag is
  • wat ons met ’n duur prys gekoop het
  • en tans vir ons plek gereed maak

HY is die HOOP vir die wêreld!

Ons sien die reaksie op hierdie aangrypende nuus:

1   Hand 2:17 sien ons die reaksie wanneer dit tot mense deurdring:

  • By die aanhoor hiervan is die mense diep getref en het hulle gevra:

Wat moet ons doen om gered te word?

Die antwoord: Bekeer julle!

  • Bekering is hartsomkeer….
  • dis losmaak van oue… strewe na die nuwe…
  • dis restourasie na die skeppingsbedoeling

Gen 1:26  kom ons maak mense na ons beeld

Rom 8:29 gelykvormig aan die beeld van Jesus!

2   Paulus in 2 Kor 5:13

  • Die insig dat Jesus se sterwe ‘n sterwe ook vir MY is
  • Hierdie liefde dryf my!!!

’n Ware Pinksterseën sal altyd wees

  • waar mense gewillig geword het om hulle deur die Gees te laat vorm na die beeld van die Seun.
  • MAW: waar daar ‘n verbindtenis gekom het en ‘n strewe om soos Jesus te wees

Dit is maar ’n tydsame PROSES.

Daar is botsende verwagtinge van wat Pinksterseën sou wees

Daar is baie mense wat hierdie omvorming na die beeld van Christus graag wil voorstel as iets wat sommer opslag

  • deur ’n besondere salwing van die HG gebeur
  • ’n enkele magiese “second blessing”

Maar dit leer ons nie in die Bybel nie.

Daar is so baie wat so graag wil hê dat die spreek in tale

gesien moet word as een van wesenlike elemente van Pinkster.

Maar die Skrif ken die dinge maar net

  • as begeleidende verskynsels by die uitstorting van die Heilige Gees op die eerste Pinksterdag,
  • nie as voorwaarde vir die ware Pinksterlewe nie.

As Paulus aan die Galasiërs skrywe oor die vrug van die Gees,

  • dan soek ons verniet na ’n enkele woord oor sulke buitengewone dinge.
  • hy noem net die gewone dinge soos liefde, vrede, blydskap

As dit klink asof hierdie soort pinksterverwagting

darem TE GEWOON is om ons aan te gryp en te motiveer

kan ons gerus in gedagte hou

dat dit reeds ‘n wonderwerk van God is

wanneer iemand se lewe omgedraai word van

  • selfgerigtheid, selfsug en eie belang
  • verdeeldheid
  • jaloesie
  • ongeduld
  • onvergewensgesindheid
  • woede en haat

en ons in die plek daarvan iets anders begin sien naamlik

  • liefde, genade envergewensgesindheid
  • gasvryheid
  • vrede
  • nederigheid
  • goedhartigheid, omgee en versorging

Mag Losberg se PINKSTERseën daarin lê

1   dat ons meer as ooit tevore berou het oor ons geestelike toestand

2   en dat ons onsself oorgee aan die Gees

  • om ons los te maak van die oue
  • en ons fokus daarop te stel

         om meer en meer soos Jesus te word…

Amen