ONVERGEWENSGESINDHEID
God se plan vir die wêreld is heelwording deur versoening…
- Dis mos die boodskap van Paasnaweek
Paulus sê (2 Kor 5:18, 19):
Hy het ons deur Christus met Homself versoen
en aan ons die bediening van die versoening toevertrou
Die boodskap van versoening bestaan daarin
- dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het
- en die mense hulle oortredinge nie toereken nie…..
In die voorafgaande vers staan daar:
Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens.
Die oue is verby, die nuwe het gekom.
- die uitleef van my nuwe menswees is krities belangrik
Dit is my roeping:
Die bediening van versoening is my lewenstaak
Ons fokus na Paasfees is dus:
Ek dien die Here,
- ek is met Hom op pad
- ek is kosbaar vir Hom – soveel dat Hy vir my gesterf het
- en Hy het ‘n plan vir my lewe
Ek is saam met Hom op pad
- na ? oorwinningslewe
- waar ek versoening en heelmaking in die wêreld moet indra
Maar om dit te bereik
- is daar ? paar REUSE wat ek moet verslaan
- wat my wil voorkeer en laat misluk
DIE NUWE MENS MOET MEER EN MEER WERKLIK WORD
Die eerste REUS op my pad is
ONVERGEWENSGESINDHEID
Versoening met God is die eerste stap van God se heelmaakwerk
Versoening tussen mense is die voltooïng daarvan
Haat, woede, wrokke, vyandskap… is deel van die OU mens
- God leef nie in ‘n hart wat vol is van hierdie dinge nie….
JESUS laat ons dit duidelik verstaan op meer as een plek
1. Onse Vader gebed:
Mat 6:9 Só moet julle bid…
Mat 6:12 vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree
Mat 6:14,15 is ‘n naskrif, ‘n belangrike laaste gedagte:
As julle ander mense hulle oortredings vergewe sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. MAAR as julle ander mense NIE vergewe nie, sal julle hemelse Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie….
2. Die plig om te vergewe: Mat 18:21 – 35
Here hoeveel keer moet ek vergewe? Selfs 7 keer?
Só begin ‘n gesprek tussen Jesus en Petrus oor vergifnis.
Eers beklemtoon Jesus dat ons nooit by die punt mag kom om te sê:
Ek gaan nie nog ‘n keer vergewe nie!
Dan verduidelik Jesus hoe ernstig God oor vergifnis voel.
Hy vertel die verhaal van die koning wat ‘n man wat Hom miljoene geskuld het, jammer gekry het en sy skuld afgeskryf het.
Net daarna weier hierdie man om iemand wat hom
‘n paar rand skuld se skuld af te skryf.
Die uiteinde is dat die koning hom swaar straf en Jesus se slotwoorde
Mat 18:35
So sal my Vader wat in die hemel is ook met julle maak
as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie
En Hy gaan net aan en aan om ons daarmee te bombardeer:
Lukas vertel dit so: Luk 6:27 – 36 Gaan lees dit!!!
Ek haal stukkies aan:
- Julle moet julle vyande liefhê
- Doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word
- Bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word
- Behandel ander mense soos julle self behandel wil word
DAN sal daar vir julle ‘n groot beloning wees:
Julle sal kinders van die Allerhoogste wees!
Ek hoor Jesaja as Hy God se waarskuwing bring aan mense wat hulle nie wil bekeer nie: Jes 1:15
- As julle jul hande in gebed uitstrek, sal Ek my oë vir julle toemaak.
- Selfs al bid julle hoe baie, sal Ek nie luister nie
Uitnodiging: Moenie voor My verskyn as julle verkeerd doen nie….
Versoening is om af te skryf wat pyn en seer gebring het
en voor te begin, elke dag, weer en weer
- Dis ons bydrae in die meewerking aan God se vrederyk hier al
- DIT is wat NUWE mense doen…
Solank ons dit weerstaan
- staan ons in die koue wat God se genade betref
EK SAL NIE LUISTER NIE
- is ons deel van die vuurstokers
ONS IS VOL WOEDE EN PRAAT VAN WRAAK EN STRAF
- en sal die vyandskap tussen mense aanhou broei
Daar is NOOIT ’n verskoning vir ongehoorsaamheid nie
- Maar dis hulle wat dit begin het…
- Maar hulle hou aan…
Nuwe mense leef nie reaktief nie
- ons optrede word nie deur mense bepaal nie
- maar deur die Een wat in my leef
Die NUWE MENS leef die standaard uit wat Jesus gestel het
Daarom sal die NUWE mens aan ander doen
- soos wat hulle SELF behandel wil word
Ons het spesifiek eers stilgestaan by LIEFDE as 1ste vrug van die Gees voordat ons by vergifnis uitgekom het….
- want vergifnis is eers moontlik
- nadat ek God se vergifnis-genade leer ken het…
- en soos Paulus daardeur uitgeboul is….
Mag ons in hierdie retreat tyd kom by die moment
dat ek vir die laaste keer terugkyk en sê:
- sekere gebeure of dinge wat aan my gedoen is was sleg
- van dinge wat ek aan ander gedoen het was sleg
- maar ek het dit deurgewerk met God
- dit is nou verby!!
Ek kyk nou vorentoe
Mag ons saam met Paulus uitroep:
Fil 3:12,13
Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie,
- maar ek span my in om dit alles myne te maak
- omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.
Ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie….
Maar een ding doen ek:
- ek maak my los van wat agter is
- en strek my uit na wat voor is.
Mag God my en jou help
om die reus van onvergewensgesindheid
in ons lewens te oorwin
en so nog ‘n tree te vorder op die pad
om die Nuwe Mens te wees
wat Hy in gedagte het
Amen