Paassondag – 2020.04.12

EMMANUEL: God is BY ons!

Skriflesing:

Mat 27:50, 51 28:1 – 7, 19 laaste sin

Hebr 10:19 – 25   (Lees hoofstukke 8 – 10 vir agtergrond)

Kernverse

Mat 27:51

…die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder..

Hebr 10:19

….ons het dus nou deur die bloed van Christus vrye toegang….

Hebr 4:16

… kom ons gaan met vrymoedigheid na die genadetroon…

Mat 28:20 Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding vd wêreld…

In die paradys het Adam en Eva vrye toegang tot God gehad.

  • na die sondeval het dinge dramaties verander:
  • van toe af was toegang beperk 

Israel het in ‘n tempel bymekaargekom om by God uit te kom.

Die tempel het uit 3 dele bestaan:

  1. Die voorhof of binnehof waar die mense bymekaar gekom het
  2. Die Heilige waar die priesters hul werk gedoen het
  3. Heel agter in die tempel was die allerheiligste deel waarin die verbondsark gestaan het as simbool van God se teenwoordigheid.
  4. Dit was met ‘n gordyn (ook ‘n voorhangsel genoem)

afgeskei van die res van die tempel.

  • Net die Hoëpriester het 1x per jaar

namens die mense by God uitgekom.

Hierdie gordyn was simbolies van sonde wat tussen God en mens gekom het en om dit weg te neem om weer volle toegang tot God te kry sou ‘n besondere offer vra:

Die enigste offer wat genoeg sou wees

Jesus se lewe in ons plek:

Toe Jesus sterf het Hy gesê: Dit is volbring!

Dis asof Jesus met daardie woord die offer voor God neergesit het

Toe is daar drama:

  • Die aarde het geskud, rotse het uitmekaar gebars…
  • aardbewing… geraas en gerammel…

En die wonderlike:

Toe Jesus sterf het daardie gordyn

  • wat mense op ‘n afstand van God gehou het
  • van bo tot onder in twee geskeur

Dit was soos ‘n ontploffing

  • wat alles wat tussen God en mens was
  • weggeblaas het

Ons het nie meer ‘n mens as middelman nodig

om vir ons by God te gaan mooipraat nie. 

As ons Jesus in ons harte innooi kom ons tot by ons Vader

God is nie meer daar ver nie

Onthou jy die twee groot woorde in ons teksverse:

VRYE TOEGANG en VRYMOEDIGHEID

Besef ons wat dit beteken?

Daar is niks meer wat toegang na God inperk nie!

Ek dink ons kan dit baie beter as ooit verstaan as ons dink watter inperking hierdie virus nou tot gevolg het

  • Ons is afgesny van mekaar

Ons kan mekaar se warm teenwoordigheid nie voel nie

  • die ergste wanneer mens siek is en daar in die hospitaal lê is hul sonder kontak met geliefdes
  • al wat ek het is dalk iemand wat kom sê sterkte,

jou familie stuur liefde

Daar is geen toegang nie!!!  Bang en alleen en benoud!

Dis amper soiets wat die mense sonder God ervaar het

  • ‘n swaarkry onder hulle sondelas en druk van die lewe
  • en net die priester bring nou en dan ‘n boodskap van liefde

Toe die gordyn skeur is dit asof die lockdown met geweld gebreek word

  • mense kan met hulle seer en hulle pyn

direk na die groot Geneesheer gaan

  • hulle kan dit saam doen
  • hulle kan mekaar besoek en moed inpraat
  • hulle kan mekaar met God se liefde en genade bedien

Op FB vra iemand:

As die lockdown verby is wat wil jy die graagste doen?

Behalwe vir saamwees met my familie…. 

Ek verlang daarna dat ons weer saam kan kerk toe gaan

Ek verlang daarna om julle weer by julle huise te gaan besoek

Ek verlang daarna dat ons weer kan

  • saam kuier en
  • braai of potjie maak
  • of net saam tee of koffie geniet na kerk

Mag God gee dat ons in die tyd van gedwonge afsondering

weer waardering sal hê vir baie mense en dinge:

  • vir ons geliefdes
  • vir ons kerk
  • vir ons medebroers en susters

Maar bo alles:

waardering vir EMMANUEL – Jesus Christus ons Here!

Jesus het die lockdown van sonde verbreek

ons kan met vrymoedigheid na God toe gaan

want die paasgebeure onderstreep weer

  • dat Hy verstaan
  • dat daar geen veroordeling is nie
  • dat Hy genadig wil wees
  • dat ons goed genoeg is

Waardeer ons hierdie voorreg wat om vrymoedig na Jesus te gaan?

  • dat jy nie bang of skaam hoef te wees nie…
  • dat jy ALTYD welkom is by God….

Maar alles sou vergeefs wees as ons nie ook

die vrye toegang tot Hom waardeer nie

Is die rede vir ons gevoel van

  • eensaamheid
  • verwydering
  • kragloosheid
  • hooploosheid…..

nie dalk die gevolg daarvan

  • dat ons vrye toegang tot Hom het
  • maar nie genoeg by Hom uitkom nie?

Waardeer ons die voorreg om vrye toegang te hê

  • om oral waar ek is
  • dag of nag

met al my behoeftes na Hom toe te mag gaan?

Waardeer ons die voorreg van godsdiensvryheid?

As die lockdown verby is mag ons weer vrylik gaan

  • na byeenkomste van gelowiges
  • en besoeke bring aan enige iemand om Sy liefde te deel

Mag hierdie paasfees in hierdie slegte omstandighede

vir ons weer uitwys hoe ontsaglike geseënd en bevoorreg ons is.

Mag ons in die dae wat kom onsself opnuut verbind daartoe

  • om ons toegang tot Hom
  • en die vryheid daartoe

te waardeer en voluit te gebruik

  • om oorgemaak te word na wat Hy met ons wil bereik
  • om ons gereed te maak om Hom te dien   
  • in ons huise,
  • by die werk,
  • by die skool,
  • in ons dorp,
  • in ons gemeente

Dit is alles moontlik want God is nie meer ver nie – want Jesus is hier!

EMMANUEL – GOD BY ONS

Amen