Goeie dag almal,
In die tyd verlang ons vreeslik om met ons familie en vriende te kuier, waarokal hulle is. Ongelukkig mag ons nie by hulle gaan kuier op die oomblik nie selfs al is hulle in die hospitaal. Kom ons gebruik tegnologie om ons as ‘n groep vriende en familie te help om bietjie saam te kuier.
Hier is ‘n gratis produk waar baie mense op verskillende bly plekke in die wêreld met mekaar kan gesels / kuier op die selfde tyd. Die produk is een van baie ander produkte, maar persoonlik vind ek die een maklik om te gebruik, maar adverteer glad nie namens hulle nie. Die produk is beskikbaar vir jou rekenaar en “Smart Phone”. Kyk die volgende twee videos vir meer inligting hoe om die produk te kry en te maak werk. Dis glad nie nodig om die betaalde weergawe te koop nie, die gratis weergawe werk net so goed. Dit gee jou toegang dat tot en met ‘n 100 mense gelyk met mekaar kan kommunikeer vir 40min lank. As jou 40 min verby is begin net ‘n nuwe sessie, daar is geen bekerking van hoeveel sessies jy kan hou nie.
Webblad oor die produk:
Hoe om die Applikasie op jou foon te gebruik
Hoe om die Applikasie op jou rekenaar gebruik