Net voor hierdie lockdown ry ek kerk toe (soos gewoonlik) & natuurlik alweer laat.
Toe ek 8h55 by d hek v d kerk kom staan ñ broer met ñ clipboard… ek draai my ruit af. Jammer Anette jy kan nie ingaan nie …100 kapasiteit bereik!
Ek ruk my dadelik op want ek is deel v d orkes & my man is immers die Voorsitter. Ek is elke Sondag in die kerk … maar sy woorde bly dieselfde … jammer jy’s te laat jy kan nie ingaan nie!
Skielik …soos yskas water oor my.. sien ek die Engel met die rol in sy hand (die vers kom in my gedagtes “Nie almal wat vir my sê Here, Here sal d koningkryk binne gaan nie) jy’s te laat… jy kan nie ingaan nie!
Matt 7;21-23
Wat as ek nou my oë in d ewigheid oopgemaak het … Wat as ek voor die Hemelpoorte gestaan het.. Wat as die Basuin geblaas het & my lampie was nie vol olie nie ….jammer …helaas te laat.
Dit gaan nie saak maak hoeveel Sondae ek in die kerk was nie, of op watter raad ek gedien het nie, of watter musiek instrument ek vir die Kerk gespeel het nie…
Wat gaan saak maak… is of my naam in die Boek van die Lewe geskryf staan …Het ek ñ verhouding met die God v die Hemel & Aarde. Is ek gereed?
Hoe verskriklik is daardie werklikheid.
Niks wat ek kon doen nie, ek moes maar verleë in my kar omdraai & terug ry huis toe…
Die werklikheid is… dis my eie toedoen!
As ek agterbly sal dit ook my eie toedoen wees…
‘n VRAAG wat ons elkeen ons self moet afvra … is ek gereed? Het ek waarlik ‘n verhouding met die Here?
En hoe kosbaar … die Here gee ons nou elkeen nog ñ kans om reg & gereed te maak. Hy sonder ons vir 21 dae af … ‘n tyd tot nadenke … ‘n tyd om reg & gereed te maak…
1Petr 2:4-6
Skrywer onbekend