LOSBERG – LYDENSTYD – 2020.03.29

Warsan Shire het geskryf:

Ek het die atlas oop op my skoot gehad

  • my vingers oor die wêreldkaart laat gly
  • terwyl ek saggies fluister:

WAAR IS DIT SEER?

En die antwoord was: “…oral, oral, oral…”

Soms is dit nodig dat ons lewens

  • HEELTEMAL herrangskik word
  • om ons te laat besef dat ons nie in beheer is nie….

Dat ons magteloos sal staan en huil

soos die president van Italië as hy sê:

“Ons is verslaan, ons weet nie meer nie”

God kom herinner die roekelose wêreld

  • aan sy broosheid,
  • afhanklikheid
  • verganklikheid

Lydenstyd is die tyd dat ons nadink oor die pyn

  • van die wêreld se stukkend
  • wat ook my en jou se stukkend is

Die stukkend

  • van ons natuur agv al die besoedeling
  • van ons liggame van al die siektes en peste
  • van ons gees van al die dwalinge en sonde

DIS BESIG OM ONS TE VERSWELG…

Die pyn is oral, oral, oral…..

En die wêreld sit gehok in hulle woonplekke en wonde lek

Daarom klink dit na groot wysheid

  • om hierdie tyd as ‘n geestelike retreat te gebruik.

‘n Tyd van afsondering

  • eerstens saam met God
  • om vir myself uit te maak:

WAAR STAAN EK MET GOD?

Hoor God se Woord aan ‘n arrogante mensdom:

Jak 4:13 – 16

13    Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ‘n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.”  14  Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn.

15    Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.”

16    Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot. Al sulke grootpratery is verkeerd.

Dis alreeds die boodskap deur die wyse spreukeskrywer

Spr 19:21         Al maak mense hoeveel planne

wat God besluit staan vas…

En hier sit ons nou: verslae, bevrees en ingeperk

  • Intens bewus daarvan dat ons maar ‘n damp is

As ons tog maar net terwyl ons tot stilstand gedwing is

  • sal opkyk en luister
  • dan hoor ons dieselfde Woord van God

….. met nog ‘n boodskap…..

Jesus het gekom na die wêreld in pyn

Hy kom om ORAL te wees waar dit seer is

Waar daar fisiese, geestelike en emosionele pyn is:

  • Verlamde deur die dak Mrk 2
  • Melaatses talle kere langs sy pad…
  • Blinde by Siloam Joh 9 fisies en geestelik
  • Saggeus Lukas 19
  • Vrou by die put Joh 4 

Baie tot geloof gekom deur haar getuienis

Paulus se pyn: Rom 7:24,25

Ek ellendig mens, wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?

Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here!

So kan ons voortgaan met talle voorbeelde

  • van God se ingryping
  • deur sy Seun Jesus
  • in die stukkend wat ons ervaar

Daar is uitkoms en hoop ook vir die kere

  • wat Hy nie die omstandighede verander nie
  • soos in Paulus se gebed om die doring in die vlees 
  • het hy die belofte ontvang
  • van genoeg genade om sy pyn te dra

Soveel so dat Paulus deur ontsaglike beproewing heen

  • vas gestaan het in die geloof
  • en bely het

NIKS kan ons skei van die liefde van God in Jesus nie

Wat ookal in hierdie wêreld aan die gang is:

WEET vandag en elke dag vorentoe dat ons ‘n God het

  • wat nie ‘n mensdom in nood vergeet nie
  • maar sy Seun gestuur het vlg Jesaja as

WONDERBARE RAADSMAN

En in Luk 9:35 kondig God self aan:

Daar kom toe ‘n stem uit die wolk wat sê:

“Dit is my Seun wat Ek uitverkies het. Luister na Hom.”

Geliefdes, kom ons maak in die dae wat kom soos God sê

Kom ons luister na Hom,

  • dit is Jesus,
  • die Raadsman en Leidsman na die LEWE!

Kom ons hoor die uitnodiging ook in LB 519:2 en 3

Wees stil en weet: EK IS DIE HEER

Ek ken jou pyn, jou donkerste nag

Ek is by jou, Ek gee jou krag.

Wees stil en weet: EK IS DIE HEER

Kom bring na My jou kommer en vrees

Ek sal vir jou ‘n toevlug wees….

Geliefdes, kom ons neem die eerste stap:

Kom ons verbind ons daartoe om in hierdie dae wat kom

op reis te gaan na binne.

  • Wat sê jy?
  • nou “JA HERE” net daar waar jy is

Kom ons begin eerlik en opreg by onsself

  • bid saam soos Dawid in Ps 139

23    Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak.

24    Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

Mag jy alreeds vanaand deur hierdie eerste stap

  • ‘n stuk rustigheid oor jou voel kom
  • omdat jy WEET dis waar as Hy sê:

WEES STIL EN WEET – EK IS BY JOU net daar waar jy is!