Goeie môre, middag, goeie naand
- watter tyd van die dag ookal dat jy nou na my luister
Ek hoop dat jy rustig is daar waar jy nou ookal is
- rustig daar in jou kamer, sitkamer of tuin…..
En as jy dalk onrustig is
- bid ek dat die Here jou rustig sal maak
- deur sy Woord wat ons met mekaar gaan deel
Kom ons vra die Here
- dat Hy dit vir ons sal gee
- in hierdie dae van afsondering – LOCKDOWN
Bid saam met my:
Hemelse Vader
Ons kom nederig en in diepe afhanklikheid na U toe
Ons bid dat ons U in hierdie dae
- meer as ooit sal soek
- nader as ooit sal ervaar
- duideliker as ooit sal hoor praat
Ons bid dat ons die kosbare geleentheid wat ons daarvoor het
- met altwee hande sal gryp
- en die meeste daarvan sal maak
Mag ons deur U Gees U LIG sien
- Mag ons LEWE en LIEFDE opnuut leer ken
Amen
Ds Ferdinand van Niekerk van Vryheid het as tema van sy boodskap verlede naweek gekies:
DIE MOOI VRUGTE VAN DIE CORONA VIRUS
Dit klink vreemd maar het tog ‘n spesiale fokus
- nog meer noudat meeste ons vir 21 dae ingeperk is
Die N G Gemeente Struisbaai
- het ‘n GEESTELIKE RETREAT aangekondig
- dis ‘n reis na binne
- dis ‘n tyd wat mens opsy sit om alleen by God uit te kom
Dit beteken alles dat die Corona Virus
- ook ‘n positiewe gevolg op die kerk kan hê
Dit mag dalk van die beslissendste paar dae
- in baie mense se lewens wees
Dit is my gebed dat ons God in hierdie dae
- meer as ooit sal soek
- nader as ooit sal ervaar
- duideliker as ooit sal hoor praat
Ek nooi jou dus saam op ‘n geestelike reis na binne
Dis my gebed dat ons hierdie tyd sal gebruik
- EERSTENS waar EK/JY alleen
- met God sal tyd deurbring
- TWEEDENS waar ons
- as huweliksmaats bymekaar gaan uitkom
- as gesin bymekaar gaan uitkom
Ek gaan vir elke Sondag ‘n boodskap voorberei wat opgeneem word sodat jy daarna kan kyk. Ek gaan ook kort oordenkings beskikbaar stel. Inligting oor hoe om daarby uit te kom, sal aan jou beskikbaar gestel word.
Mag ons die oorvloedige seën van die Here
in ons onderkeie reise na binne ervaar.
Groete Matthys