Preek NAGMAAL – Pinkster 2020.05.31

GOD SE LIEFDE BRING NUWE BESTUUR

PINKSTERNAGMAAL

Skriflesing   Rom 8:6 – 9 en 13 – 17

Ons sien dikwels die kennisgewing groot by ‘n besigheid aangebring

ONDER NUWE BESTUUR

Dikwels begin mense ‘n besigheid maar dis net nooit suksesvol nie..

Hulle mag selfs ‘n suksesvolle besigheid oorneem en dit laat misluk soos die staat gemaak het met Eskom, SAL en wat nog…

Navorsing wys ‘n klomp probleme uit:

  • nie genoeg kennis nie
  • korrupsie en eie belang
  • swak dissipline
  • min toewyding
  • onwilligheid om na raad te luister
  • hardkoppigheid

Daar is natuurlik talle ouens wat hulsef aanbied as SAKEREDDERS:

Hulle kom met SAKEREDDINGSPLANNE…..

En kort voor lank word ons gepaai met ‘n bordjie:

ONDER NUWE BESTUUR 

Die ouens wat beheer oorneem verklaar dat hulle die ding sal doen!

  • ons sal suksesvol wees
  • ons diens kan vertrou word
  • ons kan jou die beste raad gee
  • ons WAARBORG sukses

Min van ons glo hulle omdat weinig sukses gesien word….

Ek sien dieselfde ding wat daar buite in die besigheidwêreld gebeur

gebeur ook in die geesteswêreld …

Mense se lewenswêrelde stort in duie

  • Ons sien as’t ware hoe huwelike se deure toemaak
  • Ons sien hoe eens gelukkige gesinslewens deure toemaak
  • Ons sien hoe bybels toegemaak word en stof vergader
  • Ons sien hoe kerke leegraak en deure toemaak
  • Ons sien hoe gemeenskappe bloei deur haat, woede en geweld

en hulle deure na mekaar toemaak

  • Ons sien hoe mense se oë leeg raak

terwyl hulle na buite en na binne leegbloei…..

En dit terwyl die SAKEREDDER van die heelal

  • sy beste agent na die aarde gestuur het
  • om beheer te kom oorneem
  • Sy Seun Jesus Christus

Ons het in hierdie boek (Bybel) die volle SAKEREDDINGSPLAN

  • wat elke dag van ons lewens beskikbaar is
  • wat gratis beskikbaar is
  • wat reeds gewaarborg is
  • wat oor eeue beproef is
  • waaruit ons as gelowiges gedurig hersiening doen
  • by geleenthede soos hierdie
  • uitsendings oor radio en TV
  • eredienste in ons kerke
  • bybelstudies

Waarom loop dinge dan steeds verkeerd?

Dis so tragies dat ons die ANC regering blameer vir die houding waarmee hulle hierdie land en sy mense in die grond in regeer

  • terwyl ons as kerk met dieselfde houding optree

en dan dink dat ons ‘n beter job daarvan sal maak

Wat beweer ek:

Dat ons siele korrup is deur hardkoppigheid, onwilligheid, selfsugtigheid, hoogmoedigheid, liefdeloosheid, onvergewensgesindheid, woede, jaloesie….

God het sy SAKEREDDER met sy gewaarborgde SAKEREDDINGSPLAN aan ons, sy kerk gratis beskikbaar gestel

vir nou en vir altyd

Ek en jy het ‘n nuwe gesindheid nodig:

  • die gesindheid van die SAKEREDDER – Jesus Christus

Ons moet van ons eiegeregtige troontjies afklim

onsself onderwerp aan SY SAKEREDDINGSPLAN

  • die vernuwing van die mensdom
  • deur ONVOORWAARDELIKE oorgawe aan Sy wil

Daar is net een regte ding om te doen en dit is die regte ding

As daar dan ‘n boek is

  • met ‘n getoetsde en gewaarborgde suksesresep vir liefde en vrede
  • vol verhale is van sukses volgens hierdie resep
  • vol verhale van mislukking met enige ander resep

Hoe kan ons dan anders as om ons oor te gee aan die Gees van God wat ons hierdie dinge wil laat insien en verstaan?

God het sy Gees gestuur om bestuur van ons lewens oor te neem

Dis waaraan Paulus ons kom herinner het:

Ons staan onder ‘n heerskappy:

Of van die vlees:

  • ons sondige eiewyse natuur

Of van die Gees:

  • wat ons wil lei na die REDDER van die stukkende wêreld

Onthou jy DIE REDDINGSPLAN:

  • vergewe nie straf (afreken) nie
  • die plan van liefde: wat uitloop op genade en vergiffenis

Die nagmaalstekens wil ons hieraan herinner:

  • Nie my en jou liggaam wat die slae gevat het nie

maar SY liggaam gebreek vir ons

  • Nie my en jou bloed by die afrekening van ons sonde nie

Maar SY bloed in ons plek sodat ons sonde afgeskryf kan word

Wanneer jy hierdie simbole eet en drink:

  1. dink daaraan en glo
  2. dat dit die waarborg vir die reddingsplan geword het
  3. OOK MY EN JOU REDDING
  4. maak dit ‘n aanvaarding van die REDDER en sy REDDINGSPLAN

Kom ons sluit met’n nuwe verbindtenis:

LB 200:3

Sou ek o Heer U nie vereer nie,

sou ek U goedheid nie verstaan?

Sou U my raadgee, ek nie leer nie,

die weg wat U my wys nie gaan?

Nee Heer U rig my wil en strewe;

u Woord bly my gedurig by.

Vul met U liefde ook my lewe

om my in alles U te wy!

Mag nou die genade van ons Here Jesus Christus

die liefde van God ons Vader

en die kragtige teenwoordigheid van die HG

met julle elkeen wees en bly

Amen