Pinkster – 2020.05.30

GOD SE LIEFDE DRYF MY

Skriflesing: 2 Kor 5:11 – 12

Wat sit daaragter dat ‘n man

  • wat soveel aansien en mag in die kerk en gemeenskap gehad het
  • dit alles prysgee vir ‘n lewe van absolute opoffering en ontbering…

Hy offer ‘n familielewe op: Geen vrou geen kind

‘n Lewe van ontsaglike swaarkry:

  • Lees maar 2 Kor 11:23 – 29

Wat sit daar agter?

Geen mens is bereid

  • om ‘n hele persoonlike en sosiale lewe prys te gee
  • en soveel swaarkry te deurstaan

as daar nie iets ontsaglik groots is wat hom voortdryf nie!

Die krag wat Paulus dryf is nie iets van buite nie maar iets van binne

Nie gedwing nie, maar gedring

  • druk van buite het nie veel motivering nie
  • maar van binne is dit totaal anders

As dit van binne is dan raak dit iets wat my wese oorneem

Kyk maar hoe dit kan gebeur as ek deur iets meegevoer raak

Dis asof alles om my vervaag:

  • tyd
  • kos
  • ander mense en dinge

Paulus skryf aan die Filippense hfst 3

Wat eers vir my ‘n bate was

  • beskou ek nou waardeloos
  • beskou dit selfs as verwerplik

Dit was nie ‘n IETS wat in sy lewe gekom het nie maar ‘n IEMAND

En hierdie IEMAND het totale beheer oor sy lewe gekry…

Vroeër was Paulus wel ‘n harde werker, wat ywerig was in sy werk

Hy was die ywerigste van al die Fariseërs,

  • Hy’t rondgetrek het om te kyk waar hy nog ‘n arme sektemens

in die hande kan kry om voor die Joodse raad te sleep.

  • Hy was selfs daar waar hulle doodgemaak, uitgeroei is

Daar was ‘n tyd dat posisie, afkoms, taal en politiek belangrik was

  • maar daar was ‘n oomblik waar alles verander het
  • sodat hyself en dit wat hy vir homself uit die lewe kon haal

al die glans verloor het

Dit was die oomblik dat hy ontdek het hoe lief die Here hom het!

Hy beskryf iets daarvan, min of meer so, aan die Filippense:

Hierdie Jesus vir wie ek lewe

Hy het in al sy glorie in die hemel saam met sy Vader geregeer

Hulle sien die mense op aarde in die grootste elende lewe

  • hulle lewens is oorgeneem

deur boosheid, seer, verwoesting en verwarring

En sy hart gaan so na hulle uit dat Hy bereid was

  • om sy Goddelike bestaanswyse prys te gee
  • en ‘n menslike bestaanswyse aan te neem

sodat Hy hulle soos ‘n bediende kon kom bedien met woord en daad:

  • al sou dit vernedering, verwerping, selfs ‘n verskriklike dood kos..
  • sodat hulle uit hierdie stukkendheid uitgered kon word

EK, PAULUS, was een van hulle

en Hy het my ook in gedagte gehad toe Hy dit gedoen het:

daarom is ek wat ek is en doen ek wat ek doen

Hy borrel ook oor van hierdie liefde vir Hom wat Paulus is

as hy aan die gemeente in Rome skryf:

Hiervan is ek oortuig:

Geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enige iets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie.

die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here

Terug by die Filipense:

Om hierdie Christus te ken oortref alles in waarde

Ter wille van Hom het ek alles prysgegee

  • om Hom as enigste bate te verkry….

Ek leef nie meer nie, maar Christus leef IN my!

Ek leef nie meer vir myself nie, maar vir Hom wat vir my gesterf het..

Hierdie Jesus met sy liefde dring my….

dryf my voort op ‘n pad waaroor ek nie beheer het nie…

Dis nie ‘n pad wat EK gekies het nie

  • dis die pad wat die liefde van Christus vir my gekies het
  • dis die pad waarop die Gees my voortstu!!!!

En EK Here

  • Hoe kan ek ook nuut word en in U diens gestel word?

Dr Willie Jonker het baie jare gelede hierdie verhaal vertel:

‘n Vrou het by hom gekom en gesê:

Al die jare het ek gesukkel en geworstel met my geestelike lewe

en ek het nie geweet wat om te doen nie,

totdat ek die geheim ontdek het en gehoor het wat daar staan

in die laaste woorde van Totius se beryming van Ps 84:

Welsalig Heer wie op U bou, aan U geheel hom toevertrou.

Aan U geheel hom toevertrou.

Dit is alles!

Toevertrou aan God…. onderwerp…. oorgawe….. OOPSTEL….

Kom ons doen dit….

nie my wil nie Here, maar U wil…

Help my om myself GEHEEL aan U toe te vertrou….

Help my dat ek in VOLLE VERTROUE my hart sal oopstel vir u Gees

  • sodat U ook van my volle besit kan neem…..

Amen