Pinkster – 2020.05.29

GOD SE LIEFDE MIK NA EWIGE VERBINDTENISSE

Skriflesing:  Gen 12:1 – 9, 17:7 – 10

Gister se boodskap was dat  God se liefde nooit laat los nie!

Ons het gesien:

1   God los nie vir Adam en Eva en hul seun Kain in hulle elende nie

  • Hy roep na hulle: Waar is jy?
  • Hy vra hulle oor hul medemens: Waar is jou broer?

2   Hierdie boodskap van God se liefde bereik sy hoogtepunt wanneer

     Jesus kom om te soek en te red wat verlore gaan …..

  • en meer as ooit word mense se harte omgekeer
    • deur die verwondering aan soveel omgee…

vir ‘n onverdienstelike EK

Vandag se boodskap laat die verstomming oor die grootsheid toeneem..

TEMA: God soek sowaar ‘n permanente verbindtenis met mense!

Hy wys HOE ernstig Hy oor mense voel

  • dat Hy ‘n kontrak of ooreenkoms met hulle aangaan
  • waarin Hy Homself vir Ewig aan hulle verbind…..

Mens bly in verstomming as jy sien hoe God sy grootsheid bly bewys

as Hy ‘n kinderlose, skynbaar onvrugbare, hoogs bejaarde egpaar kies

  • Abram en Sarai
  • om ‘n nuwe verbindtenis met HULLE te laat wegspring

“ Ek bring ‘n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslagte….”

Ons wonder nes hierdie twee oues oor die beloofde nageslag:

  • Hulle is onvrugbaar oud
  • Hulle twyfel daarom self aan die moontlikheid van ‘n nageslag
  • Hulle lag daaroor…

Gen 17:17 vertel dat Abraham daaroor gelag het…

Dieselfde met Sara vlg Gen 18:12…..

As die koms van die beloofde seun vir jare sloer….

dan spring hulle ongeduldig in om God te help om dit te laat begin

Sara aan Abraham in Gen 16:2  Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê… Gaan slaap by my slavin, miskirn bting sy ‘n kind in die wêreld wat my eie kan word

  • God se permanente of ewige verbindtenis hang immers af van die seun wat moes kom…om ‘n nageslag voort te bring…

Maar hulle en ons sou uiteindelik van God self leer:

Gen 18:14  Niks te buitengewoon vir die Here nie!  

 God neem die inisiatief!

  • Die verlore mens soek nie na God nie, hulle sal SELF regkom
  • Hy nooi hulle nie en werk met hulle ‘n ooreenkoms uit nie….

Op sy tyd en op sy manier sal dinge gebeur

wat sal verseker dat die wêreld steeds in verwondering bly

Hy kies ou wingerdstokke waarmee Hy ‘n nuwe wingerd wil aanlê

  • Hy wys dat alle mag in sy Hande is
  • en NIKS vir Hom onmoontlik is nie

Hy wek as’t ware ‘n volk op uit die dood

Die implikasie van ‘n verbindtenis met geslagte wat kom het ingehou dat dit oorloop van oupa na pa na seun……

En so laat God Hom dan bekendstel as

die God van Abraham, Isak en Jakob…..

In hierdie paar woorde word groot betekenis vasgevang

  1. Die God van Abraham:  Geloofsheld… voorste kerkmense…
  2. Die God van Isak: Doodgoed en goed dood – pa Abraham laat soek vir hom ‘n vrou …wat hom uiteindelik deur hierdie vrou en haar seun laat bedrieg om die verkeerde seun te seën
  3. Die God van Jakob.. die bedrieër….

Dit hou in dat God bekend gemaak het dat Hy die God is

van die goeies, die slegtes, die onindrukwekkendes … die lot!

By wie van hierdie 3 jy ookal oor jouself indeel….

  • kan jy weet dat Hy homself ook as JOU God bekendmaak!

God kondig die verbindtenis doodgewoon aan Gen 17:7

Ek bring ‘n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslagte na jou

En die verwondering duur voort as God se verbindtenis

  • met ‘n selfsugtige verraderlike mensedom
  • nie vir ‘n proeftydperk aangekondig word nie ….

Dit is ‘n blywende verbond:

  • Dis vir altyd…met die besnydenisteken as bevestiging daarvan
  • Die teken is een wat nie weggeneem kan word nie

‘n teken wat vir altyd aan jou liggaam gedra word

  • elke keer as die seuntjie sy besnydenis sien
  • sal dit dit hom herinner aan ‘n ewig troue God 

God het aan Abraham en daarmee aan die nageslagte,

die verbondsvolk, die belofte gemaak

  • dat Hy vir hulle sal versorg en
  • ‘n geseënde en voorspoedige blyplek sal gee

En Abraham se reaksie op hierdie verbindtenis en beloftes?

Abraham het sy tent gevat en agter God en sy beloftes aan getrek
Deur woestyne, dramas en elendes

Hy het foute gemaak ja en hy het soms sy eie besluite gemaak..

Maar uiteindelik sien ons ‘n man wat al die pad ‘n altaarbouer was:
Hy het klipstapels gebou tot eer en verheerliking van die Here God

  • Tekens van ‘n lewenslange verbindtenis met God

Vrae om te beantwoord na hierdie boodskap van ewige troue liefde:

  1. Vertrou jy op God se verbindtenis met jou of lag jy ook?
  2. Veral as jy rondkyk na die chaos om jou
  3. As jy die met twyfelvrae binne gekonfronteer word
  4. Vertrou jy dat God jou sal versorg na liggaam en Gees of vertrou jy net op jouself om jou eie gevegte te veg?
  5. Glo jy regtig dat hierdie belofte ook vir jou is al is jy dalk nie ‘n Abraham nie… dalk eerder ‘n Isak of selfs Jakob?

Bid dat die HG ook vir jou sal vervul met verwondering daaroor

  • dat SY liefde jou nooit laat los nie
  • dat Hy met JOU ook ‘n lewenslange verbindtenis wil hê
  • dat die Gees deur hierdie boodskap jou sal lei
  • om nou in vrede aan God se voete te gaan sit
  • om rustig te kan konsentreer op die vernuwingskursus

waaraan Hy ons elke dag wil onderwerp 

Uit Hom, deur Hom en tot Hom is alle dinge

Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid

Amen!