Preek – 2020.05.03

Heiligmaking – GEESTELIKE GROEI

Skriflesing:          Fil 2:12 – 18

Teks:                    Fil 2:12 & 13            

Subtema:             WERK JOU EIE HEIL UIT….(ou vertaling)

‘n Voëlvlug van Januarie tot hier:  “God is besig met sy wêreld”

Terugverwys na Kersfees: Die viering van die koms van die

  • Redder om ons vry te maak van die mag v sonde
  • Raadsman om raad te gee oor die pad na vrymaking en nuutheid
  • Leidsman wat deur voorbeeld sou lei en leer

Paasnaweek het ons nog ‘n viering gehad:

  • Die offer is gebring wat ons vrygemaak het
  • Versoening is nou moontlik
  • Ons het nou vrye toegang na God en kan vrymoedig na Hom gaan

‘n Nuwe mens, ‘n nuwe lewe – dis ons geskenk van God af       

Maar dit kom saam met ‘n lewensroeping:

Nuwe mense word God se medewerkers:

  • Hy het vir julle gesterf sodat julle nie meer vir julleself sal lewe nie

maar vir Hom wat vir julle gesterf het…  2 Kor 5:15

  • Die bediening van versoening is aan ons toevertrou 2 Kor 5:18,19

Dit wat ons ontvang het moet wyd gaan hardloop!!!

Aan die gemeente in Filippi verduidelik hy dit so: Fil 2:15

Julle moet ligdraers wees te midde van ontaarde, korrupte wêreld

HOE?  Fil1:27 ..daarvoor moet julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus wees.

Ooreenstemming = soos Jesus wees

Hoe ons daarby uitkom staan in ons teksverse: Fil 2:12 en 13

Julle moet julle met eerbied en ontsag (met vrees en bewing)

  • daarop toelê om as verloste mense te lewe
  • werk julle eie heil uit (ou vertaling) 

want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer

….bo verdenking…onberispelik… Sjoe wat ‘n uitdaging!!!

Waar begin ons lewe as verloste mense? 

Hoe kom ons daarby uit?

HOE WORD ‘N MENS VERLOS?

Die piëtiste sê jy moet  jouself bekeer. 

Dis jou eie wilsbesluit en dus  ? keuse om jou verkeerde lewe te los staan en met  ? nuwe lewe van gehoorsaamheid en liefde te begin.

Die deterministe sê weer dat alles in God raadsplan vooraf bepaal is.

Jy kan niks aan die saak doen nie.

Hierdie twee sienings laat mense in twee rigtings loop

Maar wat sou dan die waarheid wees:

In Ef 2:8 staan:

Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof.

Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is  ? gawe van God.

Alles begin by God wat uit genade na die verlore mensdom toe neerbuig

  • Jesus kom uit die hemel na mense op die aarde om ons te red. 
  • ? mens kom nie self tot geloof nie

Ons teks sê ook vir ons dat God IN ONS werk

  • HY maak ons gewillig en bekwaam

As ons dan die opdrag ontvang om ons eie heil uit te werk is dit ‘n opdrag om ons verlossing in ons lewe gestalte te laat kry.

Ons moet daaraan werk dat ons al hoe meer soos Christus word. 

Dit is die pad van heiligmaking onder leiding van die Heilige Gees. 

Watter vertaling ons ookal gebruik

Uit watter hoek ons ookal na hierdie v 13 wil kyk:

Ons sien ‘n beklemtoning van ‘n proses:

  • losmaak van wat agter is
  • laat los van die oue
  • baklei teen die reuse

Alles wat jy is, wat jy doen en sê, moet Jesus naboots.

Christen-wees beteken ’n leefstyl wat anders is in ons

  • gewoontes,
  • manier van praat 
  • dink

te midde van mense wat die Here nié ken nie

Paulus herinner ons dat Christen-wees nie net gaan om in Jesus te glo en daarom op pad hemel toe is nie.

Daar is talle daar buite wat Hom nog moet ontmoet….

En ek en jy moet hulle aan Hom voorstel deur ons lewenswandel wat Jesus verteenwoordig

Christen-wees is dus nie vir lamsakke en papperds nie.

  • Dit vra dat jy elke dag, elke minuut, vir God moet kies
  • Dit vra dat ek die gevegte van my lewe moet aanknoop
  • teen die eie ek, die humeurige en ongeduldige mens
  • teen die trots wat my weerhou om nederig, die minste te wees
  • teen die hardkoppige ek wat altyd my sin wil hê
  • Dit vra vasbyt, moed, getrouheid, aanhou, uithou…
  • Dit vra opstaan en weer probeer!

Dalk voel jy nou moedeloos.

Hoor dan vanoggend die evangelie: “…

  • dis God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer
  • Nie jyself, alleen, op jou eie nie!

Die Here het vir Paulus gesê (2 Kor 12:9):

  • My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.

Dit gaan nie in die geloofslewe en in ons roeping net daarom

  • dat ons net ’n bietjie harder moet probeer nie,
  • maar om nog stywer aan God vas te hou

Hy bring jou daar dat jy nie net vir God wil lewe nie, maar ook kan!

Dat jy nie net wens en hoop en droom

om vir God te kan lewe en getuig nie,

  • maar dat daar ook werklik iets begin gebeur!

Dat jy in sy krag werklik vorder op geestelike gebied,

dat jy oorwinnings het oor slegte gewoontes,versoekings mislukkings

Dat jy werklik ’n ligdraer in die wêreld is.

Die wonderlike is dat oorwinnings vir ons soveel seën bring

Die belewenis van hierdie nuutheid

  • waar daar liefde is, vrede, vreugde in my hart is
  • waar ek vriendelikheid en goedhartigheid en liefde belewe

al hierdie mooi dinge

Die belewenis van nuutheid en vervulling in ons verhoudings….

Die belewenis dat my lewe sin het en God se goedkeuring dra

Daar is soveel om voor te werk!

Mag God ons daarmee help.  

Amen.