Preek – 2020.04.19

Skriflesing: 1 Sameul 17:1 – 51

Teks 1 Sam 17:45 en 46

…ek kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige….

Vandag sal die Here jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan…

GOD WIL IN EN DEUR JOU ALLE REUSE VERSLAAN

Die druk van elke dag se uitdagings kan ? mens verlam.

  • Dis asof dinge soms net te veel word om alles tegelyk te hanteer
  • In plaas daarvan dat jy helder dink, besluit en dan doen

sit jy moedeloos, verslaan, sonder hoop…   

So het dit waarskynlik met koning Saul gebeur:

  • om koning te wees het soveel uitdagings
  • en die ergste tot dusver was tydens nog ‘n oorlog teen die Filistyne
  • hulle het hom en sy leër uitgelag en verkleineer
  • deur die reuse soldaat: Goliat – omtrent 3m lank

Vir 40 dae lank het Goliat elke oggend en elke aand

die Israeliete uitgedaag om iemand te stuur om teen hom te kom veg. 

As Saul en elke ander soldaat homself met die reus Goliat vergelyk het

HET HY NA HOMSELF GEKYK EN BESLUIT:

MY opleiding, wapens, krag, ervaring, grootte en vermoë

is nie opgewasse teen

GOLIAT se opleiding, wapens, krag, ervaring, grootte en vermoë nie.

Daarom is ek nie in staat om teen hom te veg nie.

Hoe ek ookal na myself kyk, moet ek erken:  Ek kan nie!

Die ONMOONTLIKHEID van die situasie sou altyd so bly as dit nie was vir ‘n klein boetie wat gekom om vir sy broers kos te bring nie.

Hy was jonk, eintlik nog  ? seun.

  • Hy lyk alles behalwe na ‘n soldaat.
  • Selfs in sy ouboet se oë was hy net ‘n nuuskierige agie…

Maar wat mense van hom dink, pla hom egter min. 

Hy wil net weet:

Wie is hierdie heiden nogal dat hy God se die leër verkleineer?

Saul probeer hom oortuig dat hy nie teen die reus opgewasse is nie..

Maar Dawid antwoord:

Die Here,

  • wat my gered het uit die kloue van die leeu en die beer
  • Hy sal my (weer) red uit die mag van hierdie Filistyn

En dan, wanneer Dawid die reus op die gevegsterrein in die oë kyk,

kan hy met vrymoedigheid sê:

  • ek kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige
  • hierdie Here gaan jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan

Dawid se redenasie was die teenoorgestelde as die van Saul:

my opleiding, wapens, krag, ervaring, grootte en ondervinding

is inderdaad nie vergelykbaar met die van Goliat nie

MAAR MY GOD IS STERKER AS ENIGE REUS

Daarom is ek opgewasse vir enige uitdaging wat Hy op my pad bring.

En binne  ? paar minute lê die reus daar ……. morsdood!

Ek weet nie wat is die reuse in jou lewe wat jou verlam nie

  • dalk iets in jou geestelike lewe wat verkeerd is
  • dalk jou verantwoordelikhede in die gemeente
  • dalk jou verhoudinge wat uitmekaar val
  • dalk jou finansiële situasie wat onder groot druk is ……

Jy weet jy moet iets doen….

Maar diep in jou hart weet jy nie watter kant toe nie……

Ons kom pas deur die herdenking van die paasgebeure

  • Ons het die reddingsdaad van Christus gevier in die nagmaal
  • Ons het ook die goeie nuus gekry:
  • ons het nou vrye toegang tot die Vader
  • ons kan met vrymoedigheid na Hom toe gaan

ONS IS NIE GERED OM DEUR EEN OF ANDER REUS

VERSLAAN TE WORD NIE

Hy wil hê dat ons wenners sal wees!

Ons God is sterker as enige reus, enige taak, enige situasie…..

Hy het dit in die verlede soveel maal bewys

  • maar Hy wil dit vandag nog aan jou bewys
  • en deur jou aan die wêreld daar buite bewys…..

Ek en jy moet net opstaan en bereid wees om in sy Naam op te tree.

Heel eerste moet ons na binne kyk

Voordat ek aan enige reus kan aandag gee moet ek binne toe kyk

Die eerste saak wat moet aandag kry is dat ek en jy ons verbind

  • aan gereelde besoeke aan God se genadetroon
  • dat ons die vrymoedigheid sal neem

om ons saak met Hom uit te maak

Die binnekamer is die plek waar ons stryd teen die reuse begin

  • Daar waar ek as’t ware deur God afgerig sal word vir die gevegte
  • Inderdaad sal ons daarsonder soos Saul na onsself kyk en weet
  • EK KAN NIE WEN NIE!

Stiltetyd is oneindig belangrik:

  • Gaan bring tyd met die Here deur
  • Gaan luister na wat Hy sê in sy Woord
  • Gaan leer om gehoorsaam te word aan die raad wat Hy gee

Ons ontwikkel geestelike spiere wanneer ons leer

  • om ons wil stukkie vir stukkie aan Hom te onderwerp
  • en te begin doen wat Hy vra

Lees maar deur Paulus se briewe en kyk hoe hy

  • die gelowiges aanmoedig en vir hulle bid
  • om uit te gaan en te werk

aan die opbou van die Here se koninkryk.  

Hy bid dat hulle sal liefhê, sal gee, en diensbaar sal wees.

  • Dat hulle bereid sal wees om opofferings te maak. 
  • Oor en oor word die gelowiges opgeroep

om meer en meer soos Christus te word.

Hoe meer ons leeg maak van onsself

  • hoe meer sal ons word soos Jesus

In die week wat voorlê sal ek graag saam met jou

‘n paar reuse wil identifiseer en aanpak

Maar vir vandag: 

Gaan word stil en dink daaraan dat elke reus in jou lewe oorwinbaar is

Amen