Paasfees is ‘n paar dae weg…..
Donderdag vier ons die nagmaal wat Jesus op die aand voor die kruisiging ingestel het…..
Dit het alles begin toe Jesus die dissipels stuur om die voorbereiding vir die paasmaaltyd te gaan doen.
- die lammetjie is geslag, en die vleis gaargemaak
- die wyn is gereed gekry
- die ongesuurde brode op die tafel uitgesit
- die tafel gedek met bitter kruie wat hulle herinner het aan die swaar tyd, die sondetyd en die slawernytyd in Egipte.
Ons lees hier van die ongesuurde brode:
Waar kom dit vandaan? Wat is die betekenis?
‘n Stukkie skriflesing: Eksodus 13:3-8
Deel van die voorbereiding vir die PASGA
(verlossingsherdenking)
was daar die fees van die ongesuurde brode
wat 7 dae geduur het
Dit was ‘n tyd van reiniging
- Ons sien in talle plekke in die Bybel dat suurdeeg as n simbool gebruik word om sonde aan te dui
want suurdeeg het die vermoë om deur die gistingsproses oral in te dring – soos sonde ook oral indring…
- Daarom is alles wat suurdeeg is uit hulle huise gevat
Sonde het soos suurdeeg deurgewerk in Israel en sy mense
- Dit begin dalk as iets kleins in ‘n mens se hart
- maar dit neem ons hele lewe oor
- ons verhouding met God
- en uiteindelik met alles en almal om ons
Dit het Israel in Egipte as slawe laat eindig
- Maar God hoor hulle smeekgebede om redding
en kondig ‘n nuwe bedeling aan
- God belowe sy vergifnis en
- Kanaän as hulle nuwe bestemming
- en dat Hy hulle sal versorg
Maar nou moet ons onthou dat hulle daar geland het as gevolg van sonde wat hulle deursuur het
- Voordat hierdie nuwe bedeling kan begin
- moet Israel van hulle sonde gereinig word
- hulle het ‘n skoon begin nodig
- en as simbool daarvan moet van alle suurdeeg wat onreinheid/sonde verteenwoordig ontslae geraak word
Die Pasga – verlossingsfees – is gedurig gevier om aan God se verlossende genade te dink
Maar altyd met die Fees van die ongesuurde brode vooraf om die volk te herinner dat hulle hulself voortdurend moet
afsonder /losmaak van die ou lewe voor God hulle vrygemaak het
Dan het Israel diep in hulself gedelf om te verseker
dat niks weer tussen hulle en God gekom het nie
Ons sit binnekort aan vir die Nagmaalsfees
- ons viering van ons vrywording uit die slawerny van sonde
Net soos Israel van ouds
- het ons ook nodig om onsself te reinig van sonde
- voordat God met ons ‘n nuwe pad kan loop
Paulus herinner ons daaraan as hy in 1 Kor 5 sê:
Verwyder dan die ou suurdeeg
sodat julle ongesuurde deeg kan wees
Ek wil jou dus nooi om saam met my in die week wat voorlê
- selfondersoek te doen en
- onsself te reinig
sodat ons met vrymoedigheid
die nagmaalsfees kan saam vier….
‘n Paar voorstelle:
- Jy kan begin deur ‘n lysie te maak van die dinge wat jy alreeds van weet wat nou besig is om jou verhouding met God en ander mense te versuur
- Miskien kan jy en jou mense saam met jou hieroor saam dink en neerskryf wat julle sien as probleme in julle familie-wees
- Julle kan dalk nou saam bid dat God julle sal help
om dit wat verkeerd is te herken en te erken
- dit raak te sien en te bely
Mag elkeen van ons
- ‘n opregte begeerte hê om onsself te reinig
- en onsself opnuut verbind om hierdie week skoon te maak
Kom ons bid saam met LB 271 beide die verse
Heil’ge Jesus wat my lewe wil heilig:
hart en wil en rede
Hoe heerlik is u heiligheid;
U is ver bo ons verhewe – deur majesteit en lig omgewe
U is volmaak in heiligheid.
O Heer so onbesmet, U is my Hoof en Wet
Heil’ge Jesus o heilig my
staan u by my om hart en handel u te wy.
Heilge Jesus hoor my bede:
Hervorm my hart my krag my rede
maak my al meer u beeld gelyk
vorm my wil en ook my handel dat in my denke, spreke, handel in alles slegs u beeld sal blyk
Herskep opnuut o Heer my lewe tot u eer
Heilge Jesus, o heilig my
wil U my lei om my geheel aan u te wei
Amen
Vir die nagmaal Donderdagaand:
Sorg vir ‘n stukkie brood vir elkeen en druiwesap as julle het. Ons gaan dan saam nagmaal gebruik. Meer detail oor die nagmaal sal later op ons facebook blad en ons webblad te kry wees