Ons kry swaar… ons is moeg en voel oorlaai…
- Ons is só bewus van ons broosheid en ons tekortkominge
- Ons begeer soms net ‘n aanraking, ‘n sagte hand, ‘n vashou plek
Maar daar is tog ‘n uitnodiging van Jesus vir die wat so voel
Mat 11:28 Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is
en Ek sal vir julle rus gee.
Probleem is:
Die idee van eenkant gaan met God is vir baie mense ‘n bedreiging.
“Elke ontmoeting met God is asof ek op die rooi tapyt verskyn”
Jare gelede het ‘n gemeentelid vir my gesê dat haar suster en gesin besluit het om uit die N G Kerk te gaan omdat sy moeg is daarvan om elke Sondag met die intrapslag te hoor hoe sleg sy is wanneer die wet gelees word en skuldbelydenis uit jou gewurg word….
My antwoord was:
- Daar is vele hoeke waaruit mens na ‘n saak kan kyk.
- Daar is ‘n positiewe en ‘n negatiewe hoek
- en ek en jy kies deurentyd
Ek dink die positiewe is bevrydend
Kom ons sien skuldbelydenis heel aan die begin van ons ontmoeting met die Here uit hierdie hoek:
Die Here nooi ons om aan sy voete te kom sit
- Hy weet ook dat ons dit huiwerig doen,
selfs met vrees
omdat ons so bewus is van ons tekortkominge en swakhede
- en daarom nooi Hy ons sommer dadelik as ons na Hom toe kom
- om ons sonde voor sy voete te lê
- om die gewig van ons skouers te haal en vry te kom
- en te ontspan en sy seëninge te ontvang
Dis asof Hy vir ons sê
Hou op om so koes, koes nader te kom
Kom raak ontslae van dit wat tussen ons is
- sodat Ek jou kan troos, kan leer, kan bemoedig, kan versterk….
- WAT ookal jou behoefte is waarmee jy NOU na MY toe kom!
Dis so onnodig om swaar te dra
aan al die kommer en skuldgevoelens
Moenie langer huiwer nie
Kom NOU na Hom toe
Kom sit net stil by Hom
Die woorde van ‘n halleluja kom by my op
Kom ons bid dit saam:
Gaan my nie verby o Heiland
gaan my nie verby…
Wyl U ander seën Heiland
seën nou ook My…..
Voor U troon gekniel o Heiland
bid ek in geloof
Hoor my sugte en gebede
ondanks swak geloof
Amen Vrede vir julle!