Preek – 2020.09.13

Nie ‘n tree verder sonder God nie!

 

Skriflesing            Eksodus 33:1 – 4 en 12 – 23

Wat wag nog vir ons in 2020 en selfs verder?

Niemand weet nie En ons leef in groot onsekerheid en selfs vrees

Die corona virus het amok gemaak en doen dit steeds:

Ons finansiële wêreld is geskud:

  • Ons begin honger lei
  • mense begin huise en eiendom verloor en sit op straat

Baie van ons se vriende en familielede het al siek geword en ons het selfs al van hulle aan die dood afgestaan.

En dan kom daardie ongemaklike stemmetjie wat wonder:

  • Wat as dit met my gebeur?
  • Gaan ek baie siek word
  • Gaan ek dit oorleef
  • Hoe gaan dit wees om alleen daardeur te gaan

Ek wonder intens daaroor terwyl ek hier sit:

Oor ‘n uur of wat moet EK ook getoets word

Maar die lewe gaan aan

  • Vir die res van die wêreld,
  • my vriende en familie,
  • en myself

Daar is onsekerheid oor meer as gesondheid

Ek glo dat jy jou eie stryd stry met jou eie onsekerhede en vrae

Sien jy kans daarvoor?

Sien jy kans om aan te gaan?

Sien jy kans vir wat voorlê?

          Nee, nie altyd nie!

Soms voel ons so oneindig broos en wonder jy waar jy gaan krag of moed skep

Moses en die volk was ook op ‘n baie onseker punt in hulle lewens. 

  • Uiteindelik na 40 jaar in die woestyn sê die Here dat hulle nou moet pak en in die beloofde land moet intrek.
  • Hy belowe om selfs ‘n engel saam te stuur om die vyand te verdryf

MAAR – God sê vir Moses

  • Ek gaan nie saam nie!

God belowe dat Hy sy beloftes sal hou

  • Hulle sal in Kanaan intrek
  • Maar Hy gaan nêrens heen saam nie

Wat nou?

Toe Moses dit hoor, wou hy nie aangaan met die trek nie

En die volk was hartseer daaroor.

Daarom sê Moses vir die Here (v 15)

  • As U nie self saamgaan nie,
  • moet U ons nie hiervandaan laat wegtrek nie

Daar is baie mense

  • Wat aangaan met hulle lewens
  • Dalk al vir jare, sonder om hulle te bekommer of God by hulle is

Ek en jy moet mooi luister wat God ons wil laat hoor!

V 3      Julle is so ‘n moedswillige volk

As ons die vorige paar hoofstukke lees

  • Dan sien ons dat hulle gedurig hulle eie ding gedoen het

§   Hulle was gedurig ongehoorsaam

§   God was moeg daarvoor

Solank dit hulle houding is

  • sal hulle ver van Hom af wees en
  • Hy sal niks met hulle te doen wil hê nie
  • Hy sal hulle eerder uitdelg

Die volk moes dus besluit

  • Is dit hoe julle verder wil lewe?
  • Is dit die kans wat julle wil vat?

 Die volk

  • het getreur
  • juwele afgehaal as teken van hulle berou

Moses

  • wys my wat U van my verwag
  • nêrens sonder U nie!

En God besluit om tog saam met hulle te gaan.

Maar Moses was nie daarmee alleen tevrede nie:

  • Moses wou meer hê
  • Hy wou God se magtige verskyning sien!

En God se antwoord:

  • Hier langs My is ‘n plekkie op die rots
  • Ek sal my aan jou openbaar

En dan gee God weer die wet, voorskrifte ….

  • God wys wat Hy verwag!!!!!

Ons het ook nodig om te besluit of ons die kans wil vat

  • om te lewe sonder sekerheid dat die Here al die pad by ons is

As die Here besluit dat hy pad gee van ons af

  • is ons in groot moeilikheid

Maar in sy groot genade vra Hy vandag weer vir ons

V 14     Moet ek saamgaan en vir jou vrede gee?

Wat is jou antwoord?

  • Ek sien nie kans vir die onsekerheid sonder God nie
  • Ek sien nie kans vir die sparteling om geestelik en emosioneel te oorleef nie
  • Ek sien nie kans om in hierdie chaos te probeer ‘n verskil maak as die Here nie my hand van en my sterk maak nie
  • Want sonder Hom is ek niks en gaan die onsekerheid my ook kelder

Ek sien kans vir netnou se toets en vir wat voorlê

  • net omdat ek weet dat Hy my hand sal vashou

Ek sien kans om die onseker en stukkende wêreld met liefde te pak en te probeer om ‘n verskil te maak.

Losberg gemeente: Ons is geroepenes in sy diens

  • Hy het dit duidelik gemaak en dat Hy ons wil seën.
  • Dit het ons nou al genoeg gehoor in 2020

Kom ons sê dit vanoggend vir God en mekaar:

  • Here ons meld aan en droom saam omdat U u belofte sal hou
  • Omdat U ons groot vyand:
  • die onsekerheid en kleingeloof sal verdryf
  • en ons wenners sal maak deur U krag

Amen.