AS JY MY LIEFHET, BEWYS DIT
Skriflesing? Johannes 21: 15 – 17 en 19 einde
Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus:
“Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?”
“Ja Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.”
Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.”
Jesus vra hom weer ‘n tweede keer:
“Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?”
“Ja Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.”
Hy sê toe vir hom: “Pas my skape op.”
Jesus vra hom die derde keer:
“Simon seun van Johannes, het jy My lief?”
Petrus het bedroef geword, omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”,
en hy antwoord Hom: “Here U weet alles. U weet dat ek U liefhet.”
Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei.
v 19 einde Daarna sê Hy vir hom: “Volg My!”
Het jy My baie lief?
Volg My!
Wees my dienaar op hierdie aarde deur na my mense om te sien
- Laat my lammers wei
- Pas my skape op
- Laat my skape wei
In hierdie jaar se luister na God is een ding nou al baie duidelik:
Al God se kinders is geroep is om medewerkers te wees
om die wêreld ‘n beter plek te maak.
Ons besef dus dat hierdie vraagook vir ons gevra word
en die opdrag is vir ons ook dieselfde
Die Here Jesus is besig om met hierdie gedeelte dit vir ons duidelik te sê: Liefde vir My mag net EEN UITKOMS hê:
- “Neem verantwoordelikheid vir my skape!”
Petrus moes sy liefde vir Jesus demonstreer deur die skape te versorg.
- ons ook al vir mense doen, doen ons vir die Here.
- Wat ons ook al aan mense doen, doen ons aan die Here
Jesus het gesê: “Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen”
(Matteus 25:40).
Saulus het die kerk vervolg maar Jesus het gesê dat hy Hom vervolg het (Handelinge 9:5).
- Dit is onmoontlik om Jesus lief te hê
en nie daardie liefde prakties te wys aan ander mense nie.
Petrus, as jy My liefhet, gaan na My mense toe
en gaan bewys dit vir My dat jy My liefhet.
- Gaan wys dit in die gemeente en buite die gemeente
- Gaan wys dit oral aan groot en klein!
- Gaan wys dit vir vriend en vyand ongeag: ALMAL
Dis nie die eerste keer dat Jesus hom geroep het om Hom te volg nie
3 jaar gelede, ook langs die see het Hy Petrus geroep:
- Volg My en Ek maak jou ‘n visser van mense.”
Dit was tot hiertoe maklik met Jesus by hom as Leermeester
Petrus kon eintlik maar net toekyk sonder veel druk op hom…
Maar dinge sou verander as Hy nie meer daar is nie
en Petrus dan as’t ware Jesus se verteenwoordiger moes wees
in ‘n vyandige wêreld wat Jesus van hulle kom wegneem het….
Kort voor Sy dood sê Jesus vir sy dissipels: Mat 26: 31 – 35
“Julle almal sal My vannag nog in die steek laat”
Dit staan geskryf dat die herder doodgemaak gaan word
en die skape uitmekaar gejaag gaan word.
Petrus het geantwoord: Toe nog vol selfvertroue met Jesus by hom…
“Al sou hulle U ook almal in die steek laat,
EK sal U NOOIT in die steek laat nie.”
“Al moet ek saam met U sterwe, EK sal U beslis nie verloën nie!
Hier staan hy weer by die meer, waar Jesus hom lank terug geroep het.
Jesus kom kyk Petrus in die oë na daardie verskriklike ineenstorting
- toe hy Jesus toe TOG in die steek gelaat
- sommer die eerste keer wat hy getoets is…
Die Here roep mens nie en los jou nie:
- Hy kom terug na die man toe wat intussen op die harde manier geleer het dat ‘n mens nie op sy eie hierdie groot taak kan verrig nie
- maak nie saak watter opleiding jy gehad het nie
Hy vat hom terug na die opdrag wat steeds staan: ”Volg My.”
- As jy My liefhet moet jy My nou gehoorsaam.
- As jy My liefhet moet jy nou doen wat Ek vir jou vra.”
- As jy My liefhet sal jy die wêreld 2de stel en jou eie dinge 3de stel,
EK gaan eerste kom.
- As jy vir My liefhet, gaan jy dit nou met jou DADE moet bewys.
Ons sien dat Petrus gehoorsaam was
- Maar hy was nie die opgeblase arrogante man van vroeër nie
Ons sien hoe hy met God se krag sy taak uitgevoer het.
- hy’t die Joodse Raad en die mense wat Jesus gekruisig het
opgeroep tot bekering en 3 000 buig voor God
- hy het met die liefde van Jesus uitgaan na Antiogië:
maak nie saak of hulle Jode of nie – Jode is nie.
Petrus het gehoorsaam geraak en uitgereik na
- die heidenwêreld wat die Here nie geken het nie
- die mense wat vyande van Jesus en die kinders van die Here was
Dis duidelik:
Die Here stuur ons uit
- in ‘n ontaarde korrupte wêreld
- na vreemdes en vyand
om in die Groot Samaritaan se spore te gaan loop!
As jy my liefhet Losberg, bewys dit
As jy my liefhet, Piet, Jan, Sarie, Marie
- bewys dit sê Jesus
- Maak soos ek jou vra!
Amen!